Mont Rouge
Kry 25% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vir verblyf vanaf 20 Nov 2023 tot 14 Des 2023.
- Kapasiteit: 18 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Besterstraat 152, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Mont Rouge Guest House is geleë aan die voet van die Rooiberge op 'n groot eiendom langs 'n staproete. Gaste het 'n onbelemmerde uitsig op die omliggende berge van hulle kamers af.
Elke kamer het 'n en suite-badkamer en tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan die tuin geniet waar die kinders kan speel en die braaigeriewe in een van twee goed toegerustes bomas gebruik kan word. Elke eenheid het 'n privaatingang en parkeerplek is reg voor elke eenheid beskikbaar. Gaste met spesiale vereistes moet ons asseblief vooraf daarvan in kennis stel.
Daar is ook interessante rotsformasies, eeu-oue bome en 'n groot verskeidenheid wilde voëls wat met sonsopkoms die dag met hul vrolike getjirp sal inlei.
Dit neem skaars 5 minute om van Mont Rouge af na die middelpunt van die dorp te stap waar jy jouself kan verlustig in die groot verskeidenheid kunsgalerye, eetplekkies en rariteitewinkeltjies. Vir buitelugliefhebbers is daar rotsklim, staproetes, abseil, 4x4-roetes, kanovaarte, perdritte en kunsvlieghengel in die omgewing. Clarens het ook bied ook gholf, tennis, fietsry en drafroetes vir sportmanne. Hierdie dorpie is ook ideaal vir gesoute "pub crawlers".
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Besterstraat 152, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Mont Rouge het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Clarens Drakensberge Vrystaat
- Kapasiteit: 18 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Besterstraat 152, Clarens, 9707, Vrystaat
- Alle ouderdomme is welkom