Mosaic Lagoon Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mosaic Lagoon Lodge bied 'n perfekte, privaat wegbreek. Ons 5 safari-suites skuil tussen oeroue melkhoutbome op die randjie van Hermanus se strandmeer. Besoekers kan hulle verlustig in die Kaapse blommeryk en voëllewe, op die strandmeer vaar, die pragtige strande en fassinerende seelewe bewonder en van die wêreld se mooiste wynplase besoek. Alle etes, aktiwiteite by Mosaic, en warm drankies is ingesluit. Die lodge se vriendelike personeel en die Suid-Afrikaanse geregte wat saam met plaaslike wyne bedien word maak jou ervaring hier ekstra spesiaal.

Die boumateriaal wat vir hierdie klip-suites gebruik is, is afkomstig van die plaas self. Elke suite het 'n grasdak en is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat opgemaak kan word as 2 enkelbeddens met 'n pragtige, sagte net, 'n sitarea, kaggel en 'n plafonwaaier. Elke badkamer het 'n vrystaande bad, aparte stort en 'n privaat buitestort vir 'n egte veld-ervaring. Die mure van klip en glas maak oop op privaat dekke met luisterryke berg-uitsigte.

Wandel met die plankpaadjie langs onder die blaredak. Dié paadjie lei na die sitarea waar etes en drankies bedien word, of maak jou tuis voor die kaggel. Die swembadjie met sy uitsigte op die berge is ideaal vir besoekers wat die plaaslike voëllewe gade wil slaan. Met sonsondergang staan gaste verstom voor die kleurskouspel en helder sterrehemel kort daarna.

Mosaic se kookkuns is voortreflik en getuig van die sjef, bakker, tuinier en plaaslike produsente se vernuf. Soggens word 'n stewige, warm ontbyt gekomplementeer met varsgebakte muffins, tuisgemaakte konfyte en vars vrugte. Middagetes kan by die Lagoon Lodge of by die Mosaic Lagoon Café as 'n piekniek onder die melkhoutbome geniet word of voor die kaggel op koue dae. Ons sjef gebruik net seisoenale bestanddele en organiese groente uit ons tuin, en die geregte word op verskeie pragtige plekke by die lodge bedien.

Mosaic bied doendinge vir die hele gesin, insluitend 4x4-uitstappies na die strand, vierwielmotorfietsry, bootritte, kajakvaar, bergfietsry en begeleide wandelinge in die natuur. Ons bied ook roeiplankry vanaf die lenteseisoen in 2017. Ander doendinge sluit walviskyk-bootritte en haaihokduik in, en wynproe-toere kan gereël word. Gaste wat hou van bederf kan spa-sessies by die Rain Milkwood Spa op ons perseel bespreek. Dit sluit unieke Rain Africa masseer- en velterapie, asook Elemis Biotec gesigbehandelings in. Ons doen manikure en pedikure met OPI Regular- of Gel Polish.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Drankies ingesluit
  •  Middagete
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mosaic Lagoon Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za