Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mount Olivet Luxury Tent

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 30, Deel 28, Erf 30, Kwaggasvlakte, Thabazimbi, 0380, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mount Olivet Luxury Tent bied 'n rustige, privaat en luukse wegbreek buite die stad met 'n uitstekende uitsig op die Kransberge. Die tent spog met sonkrag-aangedrewe lugversorging, 'n groot, verhewe dek en 'n panoramiese uitsig. Hiér kan gaste kan die plaaslike wild bewonder wat blesbokke, rooibokke en njalas insluit.

Mount Olivet Luxury Tent is ideaal vir 'n paartjie, maar beskik ook oor 2 privaat skadu-kampeerplekke langsaan met kragpunte wat ideaal is vir familie en vriende wat saam wil reis. Die tent het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die tent het 'n knus sitarea en kombuisie wat met 'n yskassie, induksieplaat, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Dit lei na 'n balkon wat reg rondom die tent strek en met 'n pragtige uitsig oor die bosveld en op die Kransberge spog. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Die tent is net 6 km vanaf die Marakele Nasionale Park waar gaste die Groot 5 kan sien en die bergroete na die Lenong-uitkykpunt kan aandurf. Die Marakele Animal Sanctuary is ook net 3 km ver en bied 'n rit in die gewilde Lion Mobile en geleenthede om wilde katte van nader te aanskou.

Slaapplek

’n Bespreking by Mount Olivet Luxury Tent sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Ligging

  • Plot 30, Deel 28, Erf 30, Kwaggasvlakte, Thabazimbi, 0380, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 30, Deel 28, Erf 30, Kwaggasvlakte, Thabazimbi, 0380, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA08661940daa3f7ebcd4bf94eca105db6bff0a501eaa7ed54d2f73a29204b5f63c82d9b7beb97c6a10b456bb2f97422f4590a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2) Plot 30 Section 28 Portion 30 Kwaggasvlakte 0380 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.53173440325 27.472395088479
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem