Sandbaai  Akkommodasie by Mountain and Sea | LekkeSlaap
+21
+21

Mountain and Sea

Selfsorg
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Nico van der Merwe-straat 1, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Mountain and Sea is ’n ruim dubbelverdieping-selfsorghuis in ’n stil, veilige hoekie van Sandbaai. Die ligging is ideaal met ’n pragtige berguitsig en dis naby Onrus en Sanbaai se strande. Die kranspad is slegs 5 minute se stap na die strande toe, waar gaste kan swem, branderplankry, duik of net sonbaai. Gaste kan ook bergfietsry of in die berge gaan voetslaan.

Die huis bied slaapplek aan 6 gaste en het 2 slaapkamers, ’n kombuis, opwaskamer en oopplan-eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en en suite-badkamer met ’n groot stort. Die tweede kamer het ’n dubbelbed en die hoofbadkamer het ’n bad en stort. Albei kamers het vensters met ’n uitsig op die berg, omliggende bome en groenstrook.

Daar is ook ’n solderkamer met 2 dakvensters en ’n futon wat as ’n bed of bank gebruik kan word, asook 2 enkelbeddens. Ekstra beddens kan voorsien word op versoek. Die solder het ’n balkon wat op die groenstrook uitkyk.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met ’n stoof, oond en yskas-vrieskas. Die opwaskamer het ’n dubbelwasbak, voorlaaiwasmasjien en skottelgoedwasser. Die eetarea het ’n etenstafel met sitplek vir 6 en die sitarea het ’n kaggel en platskerm-TV. WiFi is beskikbaar.

Die patio het braaigeriewe en ’n berguitsig en die agtertuin lei na ’n groenstrook. Daar is laserstraalsekuriteit in die huis wat aan gewapende reaksie gekoppel is.

Slaapplek

’n Bespreking by Mountain and Sea sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Ligging

  • Nico van der Merwe-straat 1, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Nico van der Merwe-straat 1, Sandbaai, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJ8ZuQ3dToIkWXeyssV3nUhs6xfoT6ykazP7GFi3jHBv3pvhJwg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 300  per nag (plek vir 6) 1 Nico Van Der Merwe Street Sandbaai 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 12:00 -34.418234530285 19.185465044703
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za