Mountain and Sea Splendor

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Mountain and Sea Splendor is in Bloubergstrand en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of vriendegroep. Dis naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié woonstel beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Elke kamer bied 'n see-uitsig.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitarea het gemaklike banke en 'n TV en die eetarea het oorgenoeg sitplek. Gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is heerlike braaigeriewe op die stoep en gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Die woonstel is net 2 km van Bayside Mall, 5 km van Seaside Village-winkelsentrum, 10,2 km van Century City en 18 km van die V&A Waterfront en die Robbeneilandmuseum af.

Die woonstel is in 'n baie veilige area en in 'n 24 uur-sekuriteitskompleks.

Slaapplek

'n Bespreking by Mountain and Sea Splendor sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain And Sea Splendor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 683 R2 281 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za