Mountain Dew Guest Rooms
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Disa-sirkel 5446, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Mountain Dew Guest Rooms is in die voorheuwels van die Kogelberge met 'n uitsig oor die pragtige vakansiedorpie, Bettysbaai, en die oseaan in die verte. Dié gastehuis is die ideale basis vanwaar gaste verskeie besienswaardighede in en óm Bettysbaai kan verken.
Verblyf is beskikbaar in 2 eenhede wat individueel versier is. Elke kamer het 'n privaat ingang, 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Elke kamer het verhit-en-eetgereiwe soos 'n yskassie, mikrogolf, ketel, broodrooster, lugbraaier, eetgerei en breekware. Die Sea Lake-kamer het 'n aparte kombuisie met 'n wasbak, maar die kleiner kamer het nie 'n aparte kombuisie nie, maar wel 'n voorbereidingsarea. Daar is ook 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale in elke kamer en aangewese braaigeriewe vir elke eenheid. Oop vure word nie toegelaat nie, gaste moet asb. van houtskool gebruik maak. Linne en handdoeke word voorsien. Elke kamer het koffie, tee, suiker, melk en beskuit. Reëlings kan getref word vir spesiale geleenthede soos verjaarsdae of herdenkings. Gratis WiFi is beskikbaar.
Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel. Mountain Dew Guest Rooms is 3 km van die Stony Point Natuurreservaat af en 3,5 km van die Silver Sands-strand af.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Disa-sirkel 5446, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Gaste dink Mountain Dew Guest Rooms het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Silversands Bettysbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Disa-sirkel 5446, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom