Mountain View Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Mountain View Retreat bied selfsorgverblyf in 'n gebied met onontdekte panoramiese prag, ryk in geologiese kenmerke, aan die voet van die Hlumu-hlumu-berge. Mountain View Retreat is 7 km buite die dorpie Badplaas (Emanzana) in 'n pragtige vallei in Mpumalanga, op die R38 tussen Carolina en Barberton. Dit is net 2 en 'n half uur se ry vanaf Gauteng en 'n uur en 'n kwart se ry vanaf Nelspruit/Ermelo.

Mountain View Retreat bied verblyf in 8 selfsorg-chalets wat elkeen 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis en eetarea het. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens. In die badkamer is daar 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstofie, ketel, eetgerei, breekware en potte en panne.

Mountain View Retreat bied ook 'n standaardgrootte swembad, 'n privaat boma-braai vir groepe, 'n trampolien en klimraam vir kinders, 'n speelarea met 'n pooltafel en tafeltennis, 'n groot sportveld, en 'n dam met kano's. Vang-en-vrylaat-baarsvang kan by dié dam beoefen word.

Dié plek is ideaal vir natuurliefhebbers wat van als wil ontsnap. Op die buur-plase, wat stapafstand is, is daar 'n gholfbaan en Mountain View is 1 km vanaf die naaste bergreeks, wat ideaal vir daguitstappies vir die hele gesin is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain View Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R640 R512 per nag (vir 2 mense)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za