Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Môrestêr Selfsorg Gastehuis

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anna Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 62

Jaar gelys 3

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 62 resensies vir Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5
Hermie V - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hermie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflik, netjies, skoon, baie ruimte, vriendelike en persoonlike aandag.

Gerieflike, netjiese en silwerskoon verblyf. Ideaal vir groot gesin of reisgroep (3 slaapkamers). Baie ruimte. Al die normale geriewe is daar. Vriendelike verwelkoming en versorging deur die eienaars. Hulle het die tweede myl geloop. Alles het baie spesiaal gevoel. Ons het die stilte van die Karoodorpie geniet.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Liesbet P - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liesbet P
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Baie aangename ervaring.

Dit was so lekker, sou graag langer wou bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Dawn D - Apr 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dawn D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Comfortable, clean and well equipped.

We had a wonderful stay. Hosts were engaging and friendly. Everything was in par and the bed was excellent.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Andries Z - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andries Z
Gesin met klein kinders

Lekker blyplek met baie gawe eienaars om jou welkom te laat voel.

Fantastiese blyplek met alles wat jy benodig om gerieflik daar tuis te gaan. Kan die blyplek baie beslis aanbeveel. Sal beslis weer daar tuisgaan.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Nellouise V - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nellouise V
Gesin met tieners

Beste klein dorpie ervaring ooit!

Al wat ons kan sê is WOW WOW WOW! Môrestêr is sowaar 'n juweel van 'n huisie in die mooiste klein Karoo-dorpie! Vroegdag voor die hane kraai was ons hele gesin in die grondpad voor die huisie om die vars Karoo lug in te asem. Ons het lanklaas so tuis gevoel en op ons gemak soos hier. Hierdie plekkie het ons harte dubbel en dwars gesteel. Ons sal definitief weer hier kom kuier! Dankie dankie dankie. Die herinneringe van ons eerste vakansiedag is behoorlik goed afgeskop met oggendkoffie in die stofpad!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Nadine M - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nadine M
Gesin met tieners

Tuis gevoel.

Baie lekker en goed gerus. Sal definitief aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Nico D - Mrt 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nico D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gasvry, vriendelike diens, netjies en skoon.

Uitsonderlike diens en baie gasvry.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Willie S - Feb 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Willie S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker en rusig.

Baie gawe mense en 'n baie lekker huis.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Stephen E - Jan 2024
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stephen E
Saam met eggenoot / lewensmaat

In my jare van reis en verskillende gastehuise is Môrestêr by uitstek die beste.

Kan met reg sê dit is by uitstek my beste ervaring van enige gastehuis ooit. Die fasiliteite en die gasvrou, die diens en om nie eens te praat van die heerlike kos nie, is van hoogstaande kwaliteit. Sal beslis gereeld van hierdie juweel gebruik maak.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Die groot voorreg was myne.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Liesl V - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Liesl V
Gesin met tieners

Wens ons het meer tyd gehad om langer te kon bly.

Pragtige huis in die pragtigste klein dorpie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Vosburg is 'n waardige dorpie. Ons geniet ons besoekers!

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Pieter V - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter V

Heerlike oornag rus stop, veilig, rustig en kalm.

Bo Karoo gasvryheid op sy beste! Hartlik ontvang, beste skaapvleis-bobotie in die land. Sal beslis terug wees.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Ons sien julle graag weer.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Alana K - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alana K
Gesin met tieners

Pleasantly surprised.

Our first time in Vosburg. A beautiful, quiet, friendly little place. The hosts were friendly. The hosts were available from the confirmation of the booking until our departure. Please pay a visit and try some of the best lamb chops!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Amanda M - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Amanda M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie mooi skoon Karoo dorpie.

Baie skoon netjiese verblyf, dankie vir die gasvryheid.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

'n Veilige hawe, 'n skoon herberg, dit is wat ons graag wil bied.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Elize C - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize C
Gesin met klein kinders

Dit was regtig lekker.

Ek en my seun het dit baie geniet. Sal enige tyd weer gaan.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Ons ontvang baie graag al die kinders.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Magda B - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magda B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekende plekkie.

Ons was so beïndruk dat ons sommer nog 'n nag gebly het. Dit was 'n onverbeterlike ervaring.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Ons vergeet soms hoe spesiaal ons dorpie is, en Morester is 'n dankbare deel daarvan.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Magda B - Okt 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magda B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker.

Het sommer nog 'n nag gebly. Vosburg is 'n juweel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Eloise F - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Eloise F

Vreeslike netjies en goed afgeronde verblyf!

Baie vriendelike ontvangs gehad ten spyte van die reën en swak sein. Verblyf is pragtig en baie rustige omgewing. Alles waaraan jy kan dink is in die huis en vreeslik mooi afgerond met warm komberse en koeldrank in die yskas en hout om te braai!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Elke besoek is uniek en spesiaal, Eloise, julle s'n was ook!

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Chris S - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chris S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Voorwaar die ster van die Karoo.

Verblyf sluit hele 3-slaapkamerkaroohuisie en erf in. Puik gerestoureer en onderhou met 5 ster badkamer. Slim gebruik van gordyne met sonblok links en ligte gordyn regs. Gee volle beheer oor lig snags. Sonpaneel spreiligte oor erf en geen beurtkrag. Alles wat mens begeer net ver van die see.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Aan die beskikbaarheid van die see kan ons niks doen nie, maar ons hou graag Môrester in tip top kondisie vir ons gaste.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Andre K - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Oorslaap op pad Weskus toe.

Tipiese Karoo-huis met alles wat nodig is vir 'n gemaklike oorslaap, nog meer as verwag. Goeie kommunikasie vooraf en Anna het ons baie vriendelik en effektief ontvang.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Dit bly ‘n voorreg om hierdie ou Karoo huisie met gawe mense soos André hul te deel.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Tallies T - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tallies T
Saam met vriende

Net fantasties.

Ou huis van oor die 100 jaar, net vir ou spokie gemis.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Tallies, is twee baie spesiale mense en sal altyd by Môrester besonder welkom wees.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Irida S - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Irida S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflike oorslaap met baie bederf.

Rustige en privaat omgewing. Anna en Ig is baie gasvry en het 'n restaurant in die oorslaap-eetkamer vir ons bedien. Uitstekende kos teen so 'n billike prys! Die bed en stort is van hoë gehalte. Sterk internet, groot satelliet-TV. Regtig waarde vir geld! Dankie, ons het baie welkom gevoel!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Mag Môrester altyd tot seën wees vir moë reisigers. Altyd welkom.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Elsje V - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elsje V
Gesin met klein kinders

Oornagverblyf Namakwaland toe.

Ons het heerlik by Tannie Anna en Oom Ig gebly! Die aandag aan detail is asemrowend. Die huis is so gemaklik ingerig en verwelkomend, en selfs tuisgebakte beskuit het op ons gewag. Dit was 'n plesier om daar oor te bly. En die kinders is selfs bederf met nog 'n pakkie tuisgebakte koekies vir die langpad, wat vinnig verorber is! Baie baie dankie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Dit was heerlik om julle oulike gesinnetjie hier te ontvang. Mag julle nog baie paaie gaan ry en plekke ontdek.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Wilna Y - Aug 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wilna Y
Saam met vriende

Die moeite werd om af te draai na Vosburg! Veral as jy op pad is om blomme te gaan kyk.

Die huis het alles in wat jy nodig het vir oorslaap. Sy gee ook vir jou opsie van tjoppies en wors, in vrieskas.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Dit was baie lekker om julle op pad terug huis toe weer ‘n keer te kon huisves! Altyd welkom!

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Bennie V - Mei 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bennie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Môrestêr is 10-ster.

Wat 'n plek, toegerus met alles en meer. Ons was eerste om hulle nuwe solar-stelsel te toets, nie eens geweet van load shedding nie en lekker gebraai, lekker geslaap, lekker gesels. Een nag is net hopeloos te kort om daar te rus. Definitief langer kuier volgende keer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Ons is so bly Môrester het nou solarkrag en dat ons gaste daarin kan deel. Dit was spesiaal julle gawe mense was die eerstes!

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Nonnie V - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nonnie V
Saam met vriende

Gasvryheid kry hier nuwe betekenis! Uitstekend!

Anna en Ig is die beste! Die verblyf is werklik 'n huis weg van jou eie. Daar is niks wat nie in die huis beskikbaar is nie. Noem dit en dit is daar. Moeg gereis? Reël vooraf met Anna en jy kom sit aan vir 'n vyfster Karoo-bederf-ete, nagereg ingesluit, uit die boonste rakke. Kompleet by 'n keurige gedekte tafel, kerslig en wyn. Dankie Anna en Ig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Nonnie, julle vier was 'n tonikum vir ons. Dit was baie aangenaam om julle weer te kon sien. Julle eie wyn het die ete afgerond. Mooi bly, ons sien mekaar weer.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Deon B - Apr 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Deon B
Gesin met tieners

Ons het net oornag maar dit was werklik 'n spesiale plek en wou sommer nog 'n paar dae vertoef.

Pragtige plekkie. Home away from home. Goed uitegerus, kinders het die TV met lekker klank geniet. Rustige atmosfeer met die stoppie en grondpad wat teen die huis verby loop. Iets vir die siel. Sal definitief daar 'n paar dae wil gaan afpak sommer net om te wees.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Martie B - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Juweel van die Karoo.

Morester is 'n juweel van 'n plek. Anna en Ig se gasvryheid sal ons altyd bybly. Die plek is perfek ingerig met meer as wat 'n mens benodig vir 'n oornagplekkie. Netjies en bitter skoon. Luuks en super gerieflik. Perfekte oornagplek vir pendelaars tussen Gauteng/Noordwes en die Kaap.

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Deon, jy en jou gesin was sulke oulike gaste. Ons het dit baie geniet om julle te leer ken. Om Morester reg te maak vir mense wat ons binnekort vir die eerste keer gaan ontmoet bly 'n voorreg en plesier.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Gerrie G - Feb 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerrie G

Fantastiese gasvryheid.

Dankie Ig en Anna vir nog 'n oornag in julle lieflike huisie - 10/10.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Baie spesiaal om julle weer te kon sien.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Hanlie V - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hanlie V
Saam met vriende

Uitstekend!

Wat 'n oulike, skoon, mooi en goed toegeruste eenheid. Ons is laat Sondagaand steeds hartlik ontvang met allerlei bederf in die yskas!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Dit was 'n heerlike bederf om julle te ontmoet. Kom gerus weer.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Elzabe B - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elzabe B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beste van bestes.

Ons het nie woorde om ons verblyf by Morestêr gastehuis in Vosburg te beskryf nie. Anna en Ig het 'n uitsonderlike vyfster huisie geskep uit 'n ou Karoohuisie wat meer as 100 jaar oud is. Ons gee Morestêr vyf sterre. Dit is onberispelik skoon en netjies. Daar is Dstv, wifi, lugreëling, koffie, tee, beskuit, 'n eerlikheidsyskas waaruit jy vleis vir braai en ook koeldrank kan koop. Ons is met vriendelikheid en ware karoo gasvryheid ontvang en het sommer dadelik gemaklik en welkom gevoel. Daar is absoluut aan alles gedink toe die plekkie toegerus is, kunstig en met goeie smaak. Ry bietjie die ander pad en gaan oornag by Morestêr gastehuis in Vosburg. Wat 'n juweel! Baie dankie Anna en Ig vir alles!

  Nuttig  (1)
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Jou resensie laat ons nederig en dankbaar.
Seënwense
Ig en Anna

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Jaco V - Jan 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jaco V
Gesin met klein kinders

Karoo-kuier.

Wat 'n fantastiese klein juweel in die klein dorpie van Vosburg. Ons het op pad terug van die Weskus hier oornag en dit was die perfekte rustop. Dankie aan IG en Anna vir die vriendelike diens en perfekte klein gastehuis. Die huis is uitgerus met al die "creature comforts" van jou eie huis. Ons het 'n lekker lam tjoppie gebraai (voorsien in die vrieskas) en soos klippe geslaap. Ons sien julle beslis weer!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Ons sien daarna uit dat Vosburg en Môrester nog al die reisigers op die Karoo N1 se voorkeur halfpad-stop en oornag bestemming gaan raak.
Vriendelike groete
Ig en Anna

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Melinda V - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Melinda V
Saam met vriende

Pragtig, vredevol, liefdevol.

Voel soos 'n liefdevolle huis weg van die huis af. Warm atmosfeer en so "homey". Alles wat 'nmens nodig het en meer. Regtig al ons verwagtinge oortref en al was dit net 'n oornagslaapplek, wou ons baie graag langer bly. Lief net hierdie plekkie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Ons regmaak is altyd met ‘n hart vol liefde. Julle is altyd welkom.
Ig en Anna

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Louise V - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louise V
Gesin met klein kinders

Ongelooflike lekker oorslaap gewees! Fantastiese ervaring gewees. Sal vir seker weer daar oorslaap.

Anna en Ig is besondere mense wat ons so tuis laat voel het. Die gasvryheid waarmee ons ontvang is het ons sommer tuis laat voel. Ons beveel Môrestêr Selfsorg Gastehuis aan vir enige iemand wat daar verby ry. Julle sal nie spyt wees nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Ons sien opreg daarna uit om ons gaste te ontvang. Mens dink maar net altyd daaraan, dis reisigers op 'n baie lang pad.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Fanie V - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Fanie V
Gesin met tieners

Rustig en veilig.

Ek het al 'n paar keer daar oorgebly en die standaard bly van hoë gehalte. Die plek is bogemiddeld netjies en ook so toegerus.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Hopelik kan ons steeds verbeter. Ons gawe gaste verdien dit.
Groete en mooi wense
Ig en Anna

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Witjan V - Okt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Witjan V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons gasvrou het ons hartlik ontvang. Die huis is smaakvol gemeubileer en ons het baie tuis gevoel.

Vriendelike hond. Lekker braaiplek. Genoeg parkeerplek. Sommer net 'n lekker plekkie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Witjan, dit was beslis baie lekker om julle twee gawe mense te ontmoet.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Sean G - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sean G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Sielsrus.

Heerlike gaste en gasvryheid. Was ongelooflike lekker oorslaap-rusplek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Môrester se rustige vreedsaamheid bly vir ons belangrik.
Mooiste wense
Ig en Anna

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Petro S - Aug 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petro S

Het heerlik gekuier en wil beslis teruggaan.

Die gasvrou, Anna, gee besondere aandag aan detail en ons het só lekker gekuier. Sy het ook die volgende oggend vir ons die museum en dorpie gaan wys. Dis uitstekende waarde vir geld.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Die twee gawe sussies was stêr gaste! Hoop regtig ons sien weer.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Stel-mari E - Apr 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Stel-mari E
Gesin met klein kinders

Môrester is 'n baie netjiese verblyf.

Dit beskik oor alles wat jy mag nodig kry met jou oorslaap in Vosburg en nog vele meer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Baie dankie vir julle gewaarde woorde, kom kuier asb weer!
Vriendelike Môrestêr-groete,
Ig Anna en Liezel

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Gerrie G - Mrt 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerrie G

Karoo gasvryheid uit die boonste rakke.

Pragtige karaktervolle Karoo dorpshuisie, silwerskoon, goed toegerus, lekker braaiplek, en onverbeterlike persoonlike aandag en gasvryheid van die eienaars. 'n Mens kan nie anders as om welkom te voel en langer te wil oorbly nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Dit was vir ons baie spesiaal en ‘n voorreg om vir Gerrie Snr en Gerrie Jnr hier by ons te ontvang. Ons is bly om te hoor julle het die oorbly so geniet - ons waardeer julle terugvoer!
Vriendelike groete
Ig en Anna

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Gysbert V - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gysbert V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjiese en geordende plek.

Ons het net 1 nag oorgeslaap, maar sal beslis weer. Vriendelike mense, bederfgoedjies in die huis.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Berto en Marlinda dit was vir ons baie lekker om julle twee aangename mense te ontvang - ons sien uit na julle volgende besoek.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Fanie V - Feb 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Fanie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die is 'n ruim huis met alles en meer as wat benodig word en baie skoon en netjies.

Die verblyf is uitstekende waarde vir geld en die eienaars lewer 'n uitstaande diens aan hul kliënte. Na die eerste besoek word hulle meer soos vriende ervaar en as verskaffers nie. Hierdie is 'n plek wat ek vir enige persoon sal aanbeveel met die grootste gerustheid dat hy nie teleurgesteld daar sal weggaan nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Fanie, dit was ‘n plesier om julle hier te ontvang, kom kuier gerus weer.
Vriendelike groete
Ig en Anna

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Barry D - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Barry D
Enkelreisiger

Luxury for a good price.

Môrestêr is a beautiful cottage in the peaceful town of Vosburg. The house is equipped with everything you need and more. The aircon in summer is a big plus. Anna and Ig are very friendly and helpful hosts that make you feel at home.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Hallo Barry we enjoyed your stay just as much! You are such a kind and interesting person, please come again. We are glad to learn that Morester fulfilled your needs. Regards, Ig and Anna.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Anne J - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anne J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Excellent overnight stay with everything one could want.

We found Môrestêr a delightful stopover with an extremely well equipped and comfortable house with everything we could want and need. Anna and Ig were generous and friendly hosts. One of the best places we have stayed in our travels. Highly recommended.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Anne, it was a privilege to have you at Môrestêr. Thank you for your kind remarks. May your future travel plans bring you back to us. Regards and blessings Ig and Anna

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Annelie S - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelie S

As ek honderd sterre kon gee het ek! Fantastiese Akkommodasie!

Ongelooflike mooi gerestoureerde drieslaapkamer huisie in Vosburg. Aandag aan detail baie goed. Ideaal vir oornag en selfs 'n paar dae oorbly in die versteekte juweel van Vosburg. Gasvrye en vriendelike eienaars. Ek sal weer en weer daar wil bly! Pragtige blyplek!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Annelie, baie dankie vir julle waardering, dit inspireer ons tot meer. Ons geniet ons gaste en dis ‘n voorreg om Môrestêr so mooi as moontlik vir julle te hou. Julle is baie welkom om weer die lang pad te onderbreek en by ons te kom oornag. Vriendelike groete, Ig en Anna.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Debbie L - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Debbie L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ongelooflik verras gewees. Gasvryheid van die beste.

Pragtige huis. Was werklik aangenaam verras. Anna baie dankie vir jou omgee. Ons het so lekker daar by julle gekuier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Baie dankie vir jou waardering - dit inspireër ons verder tot uitnemende diens. Ons het julle besoek baie geniet, kom gerus weer!

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Leander S - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leander S
Gesin met tieners

Ongelooflike gasvryheid in 'n stukkie paradys.

Anna en Ig is 2 spesiale mense wat die ervaring een gemaak het om te onthou en hulle sal ons beslis weer sien!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Leander en Amanda dankie vir julle waardering - ons sien uit na julle volgende kuier. Dis ékstra lekker as ons gaste terugkom!
Vriendelike Môrestêr Karoo-groete

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Ena K - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ena K
Saam met vriende

Heerlik oorgebly, alles en meer vir die prys!

Vriendelike en behulpsame gasvrou; lieflike, tipiese Karoohuisie!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Hallo Ena en Annemarie,
Ons het julle twee gawe mense se kuier op ons dorpie baie geniet en hoop om mekaar weer te sien.
Vriendelike groete Anna en Liezel

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Lynne S - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lynne S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Excellent accommodation - will recommend to anyone wanting to stay over in the area.

Anna was an amazing host with special personal touches e.g. milk in the fridge, rusks and Weet-Bix for breakfast. A huge storm was brewing, and she quickly let us park our car in her garage, in case there was a hail storm.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Hi Lynne I enjoyed it to have you here and are looking forward to meeting again! Always welcome!
Kind regards,
Anna and also Ig

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
JC D - Des 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
JC D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflike plekkie.

Gasvrou is baie vriendelik en behulpsaam. Alles wat jy nodig het is daar. Baie mooi plekkie. Ons het heerlik gekuier en sal beslis weer daar tuisgaan. Veilige parkering en heerlike stoep met braai-area.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

JC, dit was heerlik om julle groep vriende hier by ons te ontvang en baie bly ons kon Bart-hulle help om hul vergete pakkie by hulle uit te kry. Kom kuier gerus weer!

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Louis K - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Louis K
Gesin met klein kinders

Stil en rustig en huislik.

Dis 'n rustige plek, het gehou van die manier hoe mens tuis gevoel het met 'n broodjie wat wag en vleis in die vrieskas.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Louis, dit was vir ons lekker om julle gesinnetjie te ontvang. Die bietjie ekstra moeite om dit vir julle by Môrestêr spesiaal te maak, was vir ons net ‘n plesiey. Ons sien daarna uit dat julle weer eendag kom. Vriendelike groete, Ig en Anna.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Fanie V - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Fanie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig en vreedsaam.

Dit is vir seker uitstekende waarde vir geld en daar is eerder te veel as te min in die huis. Die eienaars het aan alles en nog meer gedink toe hulle die plek uitgerus het. Dit is vir seker 'n aanwins vir Vosburg.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Fanie, dit was vir ons ‘n groot plesier om julle hier by Môrestêr te ontvang en sal graag in die toekoms verder wil kuier.
Vriendelike groete
Ig en Anna

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Riaan J - Okt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Riaan J
Enkelreisiger

Home away from home.

Home away from home, great hospitality in a beautiful town. Best place to stay in Vosburg.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Hallo Riaan, jy was ‘n baie aangename gas en ons sien daarna uit om jou en jou motorfiets weer te sien.
Vriendelike groete, Ig, Anna en Liezel.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Mike L - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mike L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekende oornag tuiste met fantastiese gasvryheid.

Met die nektar van blomme in die oë besef ons dis tyd om terug te keer na die huis waar die werk ons inwag met 'n nuwe seisoen wat begin, bestudeer ek en Pa die padkaart. Pa gesels met Johan van die Blou Huis en hy lig hom in dat my 'ou" padkaart die waarheid verdraai, die pad na Britstouwn is alpad geteer. Ek nader die webblad om die pad te deel, net om nog 'n dag rus te ervaar, en naby Britstown te oornag, hulle druk my in die rigting van Vosburg, 50km voor Britstown. Ons bespreek plek by Môrestêr, seker met die verbintenis in die verlede, hoe sal ons tog weet? Met die inry in Vosburg, die eerste vierrigtingstop ek gedwee om die mede-padgebruikers verby te wuif, maar nee, geen verkeer. Ons begroet 'n Sondagmiddag soos elkeen van ons, van die plaas, dit ken. Geen verkeer, geen geraas, net stilte. Anna Fourie, wat ons vroeg ingelig het dat daar nie brandstof sal wees op n Sondag nie, begroet ons met aankoms. Ons leer die eerlike yskas en vrieskas ken, want, daar is nie 'n kafee of winkel oop op Sondag nie. Dis n ou huis, vermoed vroeg 1900's houtdeure, koesyne en vensterrame, vloer nog oorspronklike sement, gee 'n lieflike koel effek. Alle meubels en dekor is outentiek, met die mees moderne geriewe waarvoor jy kan vra. Die Fouries het dit volmaak reggekry om die outentiek en modern saam te smelt sonder dat ons vir mekaar skree. Die stilte het ons laat wonder, ja en toe hoor ons dit, 'n Kerkklok wat lui. Ons het die toring al 5km van die dorp af gesien en stel toe al belang. Ons vat onmiddelik die pad per voet, 150 m in die straat af, eers buite in die straat foto's geneem en toe sommer die ketting uitgehaak en ingestap, ja geen slot, net 'n 3mm ketting. Ons het deur die strate geloop en ons verwonder aan interessandhede in die onderskeie erwe, die netheid van 'n "ou" dorpie waar die inwoners nou trots het. Met jou volgende rit vanaf die Weskaap of noord-wes Kaap, moet nie huiwer om Vosburg te besoek nie. Ja die pad vanaf Vanrhynsdorp oor Carnavon tot by Britstown is geteer.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Mike, dit was ‘n voorreg om julle, jou ouers ingesluit,by Môrestêr te ontvang. Vosburg is inderdaad ‘n uitstaande Karoo dorpie. Ons deure staan altyd oop vir julle. Vriendelike groete, Ig en Anna.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Marina B - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marina B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik gebly.

Huisie het alles wat mens nodig het. Baie netjies. Baie vriendelike ontvangs. Ek kan Môrestêr beslis aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Marina, baie dankie vir jou vriendelike resensie. Ons wil baie graag vir ons gaste ‘n aangename ondervinding gee, hier by Morestêr op Vosburg - die halfpadmerk op die ‘Karoo N1’. Vriendelike groete, Ig en Anna Fourie.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Erika D - Sep 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Erika D
Saam met vriende

Pragtige oornaghuis. Baie vriendelik ontvang. Huis met alles toegerus wat benodig word en nog meer.

Hulle het uit hul pad gegaan om te reël dat ons die mooi kerk kan besigtig binne, wat 'n belewenis, die houtwerk is pragtig. Die manne het 'n kans gekry om die horlosie op te wen! Gaan geniet 'n koppie koffie by Ricks Karoo Winkel, koop 'n botteltjie "home made tobasco sous". Sal definitief weer hier oorbly as ons in die omgewing is. Weggesteekte juweel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Erika dit was ‘n plesier om julle vier vriende by Môrestêr te ontvang! Dankie ook vir júlle lekker geselsies!

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Theuns O - Aug 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Theuns O
Enkelreisiger

Uitstekende oornag-verblyf.

Pragtig gerestoureer. Vriendelike ontvangs. Baie goed toegerus. Ek sou graag langer wou bly!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Ons is so bly Môrestêr was vir jou tot seën, hoop om jou en die gesin volgende keer te ontvang, hier in Vosburg halfpad op die “Karoo N1”

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Martin J - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martin J
Gesin met klein kinders

Dis 'n stukkie hemel in die Karoo. Beter sal jy nie kry nie.

Ig en Anna is die dierbaarste mense, net sulke groot harte. Heerlik by hulle gebly en Môrestêr is baie goed ingerig. Dis baie meer as net 'n oornag-stopplek, dis soos 'n stukkie huis weg van jou huis.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Martin, Sandra en seuns dit was vir ons ‘n voorreg om julle in ons Môrestêr te huisves, en ons hoop regtig om julle weer te sien.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Pieter V - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter V
Gesin met tieners

Fantasties, skoon en stil.

Kan voorwaar aanbeveel. Eienaars ons selfs die aand na 'n pan geneem vir sterrekyk. Volgende more sommer 'n padkossie gepak op die huis. Ons beveel hul aan vir 'n oornag. Kan nie wag om weer te gaan kuier nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Pieter, Martie en Hugo dit was ‘n aand wat ons net soveel geniet het! Heerlik om julle as gaste te kon ontvang.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Gerhard C - Mrt 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerhard C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Absoluut fantasties!

Baie hartlik ontvang, baie lekker aandete gekry, baie lekker geslaap. Alles was puik!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Gert en Lana dit was een groot plesier om julle hier by ons op Vosburg te ontvang! Ons is bly julle het die oorslaap geniet, ons sien daarna uit om julle weer te ontmoet. Vriendelike Môrestêr groete

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Annamari K - Jan 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annamari K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Versteekte juweel

Wat 'n belewenis, Anna en Ig julle is puik! Sal aanbeveel vir enige iemand. Gaan uit julle pad om mens te akkommodeer. Gaan beslis weer daar kom oorslaap.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Hallo Annamari en Anton, baie dankie vir julle waardering. Hier by Môrestêr voel ons gaste soos goeie vriende en daarom is moeite geen moeite vir ons nie! Ons sien uit na julle volgende kuier! Vriendelike groete, Ig en Anna

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Johan O - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johan O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker en ruim huis. Ideaal geleë.

Meer as wat ons verwag het vir die prys. Sal hom sterk aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Julle was 'n lekker groep mense en dit was 'n voorreg om julle te ontvang. Ons bied met graagte net die beste vir ons gaste. Ons sien daarna uit om julle weer eendag by Môrestêr te ontmoet.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Dewald V - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dewald V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Op pad Weskus toe.

Ons halfpad-oorslaapplek.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Môrestêr Selfsorg Gastehuis se terugvoer

Dit was 'n voorreg om julle te kon ontmoet en by Môrestêr te kon ontvang het. Ons hou met graagte julle halfpad-oorslaapplek oppad Weskus toe, gereed. Julle is baie welkom.

Môrestêr Selfsorg Gastehuis
Vanaf
R1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R1 800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smitstraat 152, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2b392b7d4eb85edddcd926a7b2566119f8680fa0b5a69bef4f31a1e0a4ac3dc4d41d82e4e9554dac00cf04eb834536d1b820?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 62 5 1 5 152 Smit Street Vosburg 8780 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.577855107493 22.879358008598
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem