Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mulberry Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grootplaatsplaas, Langs die R63, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Mulberry Cottage is 'n selfsorg-kothuis op die Grootplaatsplaas net 28 km vanaf Murrysburg en 64 km vanaf Graaff-Reinet. Dié kothuis is die oorspronklike werkershuisie wat in ’n bestuurderskothuis omskep is en toe vir 20 jaar onbewoon is. Daarna is dit opgeknap en in ’n knus, gerieflike en privaat kothuis langs die Buffelsrivier omskep. Die kothuis is vernoem na die reuse-moerbeiboom in die agterplaas.

Op Grootplaats word daar met merinoskape, angorabokke en nguni-beeste geboer. Gaste kan gerus op die plaas kom voetslaan, die Karoovlaktes verken en die wildskampe besoek om die springbokke, koedoes en blesbokke te bekyk.

Mulberry Cottage is 'n privaat kothuis wat na die noorde front en volledig ingerig is. Daar is slaapplek vir 5 gaste en die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is goed toegerus met 'n gasstoof, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster. Parafienlampies sorg saans vir 'n romantiese atmosfeer. Die eetarea het 'n ronde tafel met 4 stoele. Daar is 'n knus kaggel in die sitarea vir koue wintersaande. Buite is daar 'n oop, geplaveide patio met 'n braai-area aan die eenkant. 'n Druiwerpieel bedek die patio-area vir ekstra koelte.

Daar is 'n swembad langs die hoofhuis wat net 8 minute se rustige stap hiervandaan is. Gaste kan ook in die rivier swem en daar is 'n pragtige waterval net 'n entjie vanaf die kothuise.

Daar is tientalle doendinge op dié plaas, soos bergfietsry- en 4x4-roetes, en gaste kan ook die plaas gaan verken. Saans is die naghemel besaai met derduisende sterre en dis beslis iets om te aanskou. Die gashere, John en Judi Butterworth, sien uit daarna om die Karoo met gaste te deel.

Slaapplek

’n Bespreking by Mulberry Cottage sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Mulberry Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.9/5

Judi Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 2

Jaar gelys 6

Ligging

  • Grootplaatsplaas, Langs die R63, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mulberry Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Grootplaatsplaas, Langs die R63, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxjMvHK9Twa65s4TCgHeIjfylMcGgp67mpLsiv9VR0Am0ZXrmNp?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 4 mense 1 5 1 5 Grootplaats Farm Off the R63 6995 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.960105 24.003513
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem