Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Muqurati Lodge

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgevonden 32, De Wagendrift, Dinokeng, 0407, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 700 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

Muqurati Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf vir 'n groep vriende of gesin van 8 volwassenes en 3 kinders. Hier het gaste die geleentheid om van naby te sien hoe wild vrylik rondbeweeg.

Die ruim lodge beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n kombuis, lieflike buitebraai-area en 'n boma. Die hoofslaapkamer, Leeu, het 'n koninggrootte-bed, asook 'n dagbed en die en suite-badkamer het 'n bad en stort. Die kamer het ook 'n instap-klerekas. Die tweede slaapkamer, Olifant, het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed waarop 'n kind kan slaap. Dié en suite-badkamer het 'n stort. Luiperd, die derde slaapkamer, het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer, Zebra, het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Al die kamers lei na 'n stoep.

Die groot kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en lei ook na die stoep. Hier kan gaste hul maaltye om die etenstafel saam geniet of in die sitarea ontspan.

Die huis het 'n groot onderdakbraai-area en 'n boma. Gaste mag slegs in die boma vuurmaak, en hout is by die lodge te koop. Gaste mag nie aan bome op die perseel kap om hout te kry nie.

Verder kan gaste die uitsig vanaf die stoep geniet waar wild rondloop. 'n Verskeidenheid wild kom laatmiddag of saans tot naby vir water en kos. Gaste kan ook op die wandelroetes stap om die wild vanagter 'n elektriese heining te besigtig.

Slaapplek

’n Bespreking by Muqurati Lodge sluit in:

Koninggrootte-bed Kinderbedjie
Slaapkamer 1
Plek vir 3 mense
1 xKoninggrootte-bed
1 xKinderbedjie
Koningingrootte-bed Kinderbed vir 1
Slaapkamer 2
Plek vir 3 mense
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbed vir 1
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 17 resensies vir Muqurati Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

ilze Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 17

Jaar gelys 3

Ligging

  • Welgevonden 32, De Wagendrift, Dinokeng, 0407, Gauteng
  • Gaste dink Muqurati Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 700
per nag (plek vir 11)
Vanaf
Vanaf R4 700
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Welgevonden 32, De Wagendrift, Dinokeng, 0407, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA36c12c32cdfe7a66f4fb5200f940b55eb6725ec67ab7680fd02c1e3c311bbff0e540584febb3a5d6f350f3bfe2ad8f99b792?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 700 per nag (plek vir 11) 17 5 1 5 32 Welgevonden De Wagendrift 0407 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.365652089167 28.389751490807
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem