Naisar Holiday Home and Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Naisar Holiday Home and Apartment is in Primrose in Germiston geleë en is sowat 15 minute van OR Tambo Internasionale Lughawe af. Verblyf word in 'n huis met 4 slaapkamers en in 'n woonstel met 2 slaapkamers aangebied.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelslaapbank, en die derde en vierde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed. Daar is 2 badkamers, 'n kombuis wat toegerus is vir selfsorgdoeleindes, en 'n sitkamer. Die huis beskik ook oor gratis WiFi.

Die gemeubileerde tweeslaapkamerwoonstel het slaapplek vir 5 gaste. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 'n enkelslaapbank in die sitkamer vir 'n 5de gas. Daar is ook 'n badkamer en 'n kombuis wat toegerus is vir selfsorgdoeleindes.

Daar is 'n sonverhitte swembad en 'n lieflike tuin op die perseel waarvan gaste gerus gebruik kan maak. Gaste het ook toegang tot parkeerplek. Die perseel is sowat 25 minute vanaf Festival Mall waar gaste kan gaan ysskaats. Emperor’s Palace, Wild Waters, East Gate Mall, Bedfordview Mall, en East Rand Mall is ook 'n besoek werk en is lekker naby. Die perseel is stapafstand vanaf winkels, banke en eetplekkies.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Naisar Holiday Home And Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za