Nandini

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nandini is sowat 35 km vanaf Vanderbijlpark, 37 km vanaf Parys, 57 km vanaf Potchefstroom en sowat 95km vanaf Johannesburg. Dit bied aan gaste 'n ontspanne wegbreek in 'n rustige omgewing aan die oewer van die Vaalrivier in Lindequesdrif en is ideaal vir hengelaars en gesinne. Dit is ook uiters geskik vir familie saamtrekke of 'n groep vriende wat wil wegbreek van al die gejaag.

Daar is 5 eenhede wat afsonderlik of as 'n geheel bespreek kan word. Neem asb. kennis dat rook nie toegelaat word in die eenhede nie.

Nandini het 'n groot tuin met speelplek vir kinders asook 'n swembad, tennisbaan, vlugbalbaan en 'n boma vir kampvure. Gaste kan heerlik kuier onder die lapa by die rivier. Daar is elektrisiteit in die lapa maar hengelaars wat hengel in die aand moet self voorsorg tref vir beligting.

Die rivier is ongeveer 120 m breed, maar motorbote word egter nie daarop toegelaat nie. Reg voor die oord is die rivier baie diep en bied visvanggeleenthede vir barber, karp, geelvis en modderbek gevang.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nandini gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za