Natures Valley Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Natures Valley Beach House is in Nature's Valley geleë, 'n luisterryke kusdorpie langs die Tuinroete. Dié huis word omring deur die Tsitsikamma Nasionale Park. Alhoewel die huis nie ’n see-uitsig of direkte strandtoegang het nie, is dit net 3 minute se stap van die strand en strandmeer af. Dit is ideaal vir gesinne en vriende wat op soek is na 'n puik vakansiebestemming.

Die huis bied slaapplek aan 9 gaste en het 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer en die tweede het 2 enkelbeddens. Die derde kamer het 'n driekwartbed. Die tweede en derde kamers deel 'n badkamer. Daar is ook 'n anneks met 1 dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Die kombuis is volledig toegerus met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en stoof. Daar is 2 sitareas en 'n onderdakdek wat na die inheemse woud front. 'n TV en DVD-speler is beskikbaar, maar gaste moet hul eie dekodeerder en slimkaart vir DStv-toegang. Slegs plaaslike TV-kanale is beskikbaar.

Die jongspan kan lekker in die tuin baljaar. Daar is ook 'n warm buitestort. Bring asb. jou strandhanddoeke saam.

Verken gerus die Tuinroete of sit en ontspan net rustig in die son. Die see, strandmeer, inheemse woud, fynbos en berge resoneer mooi met die salige atmosfeer van hierdie vakansiedorpie.

Slaapplek

'n Bespreking by Natures Valley Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Natures Valley Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 9)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za