Nautilus Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nautilus Lodge is net bo die rotse langs die see geleë. Dit bied 'n pragtige uitsig van Vishoek se strand, Sunny Cove, en die blouselblou waters van Valsbaai, omring deur die Hottentot-Hollandberge in die verte. Die lodge is teen die rotse bo Jager's Walk, 'n skilderagtige wandelpad reg langs die see, geleë.

Verblyf word gebied in 'n eenslaapkamerwoonstel en 'n tweeslaapkamerwoonstel. Albei woonstelle beskik oor 'n oopplan-kombuis wat volledig toegerus is vir selfsorg en 'n sitkamer met skuifdeure wat lei na 'n patio met uitsigte oor die rotse en die see. Linne en handdoeke word voorsien en die woonstelle word een keer per week skoongemaak. Elektriese komberse, wekkers en haardroërs word ook voorsien en daar is parkeerplek vir 1 voertuig per woonstel (direk buite die woonstel), Gratis WiFi is beskikbaar en daar is gratis video's wat gaste by die plaaslike videowinkel kan uitneem. DStv-toegang word teen 'n addisionele bedrag per dag gehef. Daar is 2 "boogie boards" wat gaste kan leen.

Die lodge is lekker naby Simonstad, die pikkewyne by Boulderstrand en net 40 minute se ry vanaf Kaappunt. Die wandelpad langs die see jou neem verby Sunny Cove en sy klein spoorweg na Vishoekstrand en die middedorp. Daar is verskeie wynroetes in die omgewing en gaste kan Tafelberg en die V&A Waterfront besoek aangesien dit ongeveer 'n uur se ry weg is. Daar is ook verskeie doendinge, soos gholf, rolbal en watersport, in die omgewing.

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nautilus Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R975 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za