Nautilus Self-Catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

By Nautilus kan jy 'n stukkie paradys kom ontdek. Ons is net 'n kort entjie se ry vanaf Kaapstad aan die Weskus en is ideaal in die Privaat Natuurreservaat van Kaap St. Martin geleë. Ons word omring deur klein wilde diere, seisoenale veldblomme en dit is net 15 m se stap op 'n wandelpaadjie van die strand af.

Daar is 3 goed toegeruste selfsorg-eenhede in 'n privaat natuurreservaat, met veilige parkeerplek wat stapafstand van die strand af is. Allerhande luukse word voorsien om jou behoeftes en vereistes te bevredig. Dis die ideale venue om die sonsondergang oor die see vanaf jou privaat balkon te geniet. Ons streef daarna om jou verblyf so lekker en gerieflik as moontlik te maak.

Die 3 selfsorg-eenhede is Dolfyn, Duiker, en Fynbos. Dit is gerieflik geleë met veilige parkeerplek en 'n kluis in die kamer vir jou waardevolle items.

Dolfyn is op die eerste verdieping en is toegerus met 'n dubbelbed met goeie linne en 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n tweeplaat-induksiestoof en mikrogolfoond. Daar is 'n en suite-badkamer met stort, toilet, wasbak en sagte handdoeke. Bykomend is daar 'n LCD platskerm-TV, lugversorging en gratis WiFi. Jy kan ook die privaat balkon geniet.

Fynbos is 'n grondvloer-eenheid wat toegerus is met 'n koningingrootte-bed met goeie linne. Die kombuisie het 'n yskassie en mikrogolf. Daar is 'n en suite-badkamer met stort, toilet, wasbak en sagte handdoeke. Daar is 'n platskerm-TV en gratis WiFi-toegang. Gasverwarmer en 'n elektriese kombers is beskikbaar in die winter.

Duiker is 'n eenheid op die grondvloer met 'n dubbelbed met goeie linne en 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n tweeplaat-induksiestoof en mikrogolfoond. Daar is 'n en suite-badkamer met stort, toilet, wasbak en sagte handdoeke. Daar is 'n platskerm-TV, lugversorging en gratis WiFi-toegang. Jy kan ook die privaat balkon geniet.

Dit is dié plek om te besoek as jy jou skoene wil uitskop, ontspan, diep wil asemhaal, lank op die strand wil wandel of die dolfyne en walvisse in die oseaan wil dophou. Teen sonsondergang kan jy skemerkelkies op die strand of op jou eie balkon nuttig.

Boonop is ons net 150 m se stap van die welbekende Sea Trader trou-venue af. Dit is verder 'n kort rit tot by die gholfbaan in Shelly Point. Die plaaslike Spar en OK-supermark is net 7 km ver. Drankwinkels is ook beskikbaar. Daar is ook 'n verskeidenheid restaurante om te besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nautilus Self-Catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za