Ndabushe Kruger Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ndabushe Kruger Lodge bied selfsorgverblyf in 'n dubbelverdiepinghuis met 'n grasdak in Marlothpark. Marlothpark is 'n wildreservaat aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin, 25 km vanaf Komatipoort en 120 km vanaf Maputo in Mosambiek. Die reservaat het sy eie wild soos rooibokke, koedoes, njalas, blouwildebeeste, sebras, duikers, bosbokke, kameelperde, vlakvarke, volstruise, luiperds en talle voëlspesies. Leeus en hiënas van die Krugerwildtuin kom ook gereeld besoek en gaste kan olifante, seekoeie en buffels by die rivier sien.

Ndabushe Kruger Lodge is langs die rivierpad sowat 50 m van die Krugerwildtuin se grensdraad af. Buffels en olifante kom sommer tot by die heining en jy word deur bosveld- en riviergeluide, soos leeus, hiënas en visarende, omring. Die huis bied baie privaatheid en is op 'n groot erf met pragtige natuurskoon.

Die lodge bied slaapplek aan tot 6 volwassenes en 2 kinders en het 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n sitkamer bo, en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

Die hoofslaapkamer is onder en het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer, plafonwaaier en 'n TV. Die tweede slaapkamer is ook onder en het 'n koningingrootte-bed en plafonwaaier. Die tweede badkamer het 'n stort en toilet. In die sitkamer op die boonste verdieping is 'n koningingrootte-bed, 2 slaapbanke vir kinders, 'n plafonwaaier en 'n TV met sekere DStv-kanale. Die sitkamer lei na die boonste dek waar gaste kan eet. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof en oond, 2 yskaste, 'n mikrogolf, skottelgoedwasser en 'n ontbyttoonbank met stoele.

Buite is 'n boma en vuurput vir 'n kampvuur of braai. Daar is ook 'n heerlike plonspoel en 'n aparte opening in die bos met nog 'n vuurput en 'n Hollandse pizza-oond in die doringbome se skadu.

Slaapplek

'n Bespreking by Ndabushe Kruger Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
1 x Koningingrootte-bed
2 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ndabushe Kruger Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]