Hoedspruit Akkommodasie by Ndabushi Safari Lodge | LekkeSlaap
+18

Ndabushi Safari Lodge

Lodge
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gedeelte 65 op Plaas Casketts, Langs Arygle-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 R720 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Ndabushi Safari Lodge is 'n rustige oord op die oewer van die Klaserierivier. Dit is 26 km vanaf Hoedspruit en net 12 km vanaf Eastgate-lughawe. Dié lodge is baie naby die Timbavati- en Klaserie-wildreservate en dis in 'n pragtige tuin geleë. Die lodge bied afsondering, fantastiese gasvryheid en tradisionele Suid Afrikaanse geregte.

Wild wat die meeste hul verskynings maak sluit duikers, impalas, njalas, bosbokke en seekoeie in. Daar is af en toe ook ander diere wat in die omliggende reservate wandel. Saans kan jy die gehuil van die hiënas en die leeus se gebrul vanuit die buurreservate hoor. Vir voëlliefhebbers is daar verskeie voëlspesies om te sien.

Ndabushi Safari Lodge bied gemaklike verblyf aan 22 gaste. Gesinne is ook welkom. Dit is perfek vir kinders wat wil speel en die vakansie geniet. Elke ruim gastekamer het 2 enkelbeddens of dubbelbeddens en 'n klein sitkamer. Die eenhede word daagliks skoongemaak en het elkeen sy eie vuurmaakplek buite.

As jy bloot wil ontspan, kan jy gerus so maak onder die groot hardekoolbome in die rustige tuin of jy kan in die groot swembad afkoel. Daar is ook 'n grasdak-vermaakarea.

Vir groter groepe is daar 'n lieflike boma in die swembadarea en indien jy groepfunksies wil hou is daar 'n kombuis wat volledig toegerus is by die swembad. Spyseniering kan ook vooraf gereël word.

Kom en geniet die rustigheid van Ndabushi Safari Lodge en ons sal ons bes doen om dit vir jou onvergeetlik te maak.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Gedeelte 65 op Plaas Casketts, Langs Arygle-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R800
Vanaf R720
per nag (vir 2 persone)
was R800
Vanaf R720
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gedeelte 65 op Plaas Casketts, Langs Arygle-weg, Hoedspruit, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE3N2I3NmVhLWE4YzgtNGYzYi04NDdhLTU3MDljOGI1YzQ5Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R800, nou Vanaf R720  per nag (vir 2 persone) Portion 65 of the Farm Casketts Off the Arygle Road 1380 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.340787 31.155632
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za