Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ndlovu Bushvilla

Selfsorg
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 15 Mei 2024 tot 15 Jun 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R530-hoofweg tussen Hoedspruit en Phalaborwa, Elephant Rock Eco Estate 104, Mica, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 200 R3 780 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Ndlovu Bushvilla bied verblyf in 'n pragtige, rustige en afgeleë deel van die Laeveld en gaste kan die mooiste sonsondergange in die bos aanskou. Die eiendom is op die Elephant Rock Eco Estate tussen groot natuurreservate soos Balule en die bekende Groter Krugerwildtuin. Dis ook langs die Olifants- en Makhutswi-rivier.

Die moderne plaasstylhuis bied 'n uitsig oor die bosveld en daar is slaapplek vir 6 gaste. Dit beskik oor 3 unieke slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, dubbelwasbakeenheid en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n koningingrootte-bed en gaste in dié kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese breekware, eetgerei, ketel op die gasstoof en 'n Nespresso-koffiemasjien toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser. Die kombuis lei na die leefarea met gemaklike sitplek en 'n TV.

Die leefarea se skuifdeur lei na 'n groot stoep met meubels, 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste en 'n ingeboude braai. Gaste kan lekker skemerkelkies daar geniet en die uitsig aanskou. Gaste het toegang tot die sprankelende swembad en 'n boma.

Die huis word deur groot bome en wild omring en dis die ideale wegbreekplek buite die stad. Gaste kan self in die landgoed rondry om die vrylopende wild te sien en op die oewer van die Olifantsrivier onder groot, ou bome piekniek hou. Die huis is 30 km vanaf Hoedspruit en 49 km vanaf die Phalaborwahek na die Krugerwildtuin. Dis die ideale wegbreekplek vir natuurliefhebbers en gaste wat aktiwiteite soos voëlkyk, visvang, bergfietsry en voetslaan wil geniet.

Elephant Rock Eco Estate het 'n ekovriendelike stelsel geskep wat goed is vir die omgewing. Bioafbreekbare skoonmaakprodukte word gebruik om die omgewing en diere te beskerm.

Slaapplek

’n Bespreking by Ndlovu Bushvilla sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 4 resensies vir Ndlovu Bushvilla
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Anne-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Jaar gelys 1

Ligging

  • R530-hoofweg tussen Hoedspruit en Phalaborwa, Elephant Rock Eco Estate 104, Mica, 1380, Limpopo
  • Gaste dink Ndlovu Bushvilla het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 200
R4 200 R3 780
per nag, vir 6 mense
Vanaf R4 200
R4 200 R3 780
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R530-hoofweg tussen Hoedspruit en Phalaborwa, Elephant Rock Eco Estate 104, Mica, 1380, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA44a99eb35c40be063fdf9b654506354758fe0dc48a5b1a569a75c7dae823de97eae7267a735a04f487275e1a0dfd7669a62a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R4 200 nouVanaf R3 780 per nag, vir 6 mense 4 5 1 5 R530 Main road between Hoedspruit & Phalaborwa 104 Elephant Rock Eco Estate 1380 Limpopo 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -24.176946273996 30.826008349641
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem