Ngalas Rest 101

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ngalas Rest 101 is ’n selfsorg-boslodge wat slaapplek bied vir 10 gaste in die Mjejane Wildreservaat.

Die lodge het 5 en suite-slaapkamers met binne- en buitestorte en lei na ’n stoep met meubels. Twee van die kamers het koninggrootte-beddens en die ander drie het 2 enkelbeddens. Handdoeke en linne word voorsien. Vier van die kamers het lugversorging en die vyfde kamer het ’n plafonwaaier.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg en het ’n etenstafel. Die eenheid het ook ’n waskamer en spens. Die aparte opwaskamer het 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitkamer het ’n platskerm-TV met volledige DStv en daar is 'n gemeubileerde uitkykdek.

Die leefarea lei na ’n stoep met ’n ingeboude braai-area wat uitkyk oor die swembad. Die lodge het ook ’n boma en onderdakparkeerplek vir 3 voertuie. 'n Skoonmaakdiens is van Maandag tot Vrydag en halfdag op 'n Saterdag beskikbaar. Skoonmaakdienste is nie op openbare vakansiedae beskikbaar nie. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Rook is verbode.

Slaapplek

'n Bespreking by Ngalas Rest 101 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Verekombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ngalas Rest 101 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 500 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za