LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Nietgedacht Farm Stay | LekkeSlaap
+27

Nietgedacht Farm Stay

  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nietgedacht-plaas, Langs die R384, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 600 per nag (vir 7 persone)

Beskrywing

Nietgedacht Farm Stay bied rustige selfsorgverblyf op 'n Karooplaas. Dit is 25 km vanaf Britstown op die Vosburgpad geleë en die Smartt Sindikaat-dam is net 5 km van die plaas af. Dit is ideaal vir reisigers wat net wil oornag of 'n rustige wegbreeknaweek in die Karoo wil beleef.

Daar is slaapplek vir 1 tot 7 en die die tarief is per persoon. Die prys word dus bepaal deur die aantal persone wat bespreek.

Die eenheid bestaan uit 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 2 enkelbeddens en die tweede slaapkamer het 5 enkelbeddens. Die badkamers het storte. Linne en handdoeke word voorsien. Lugversorging is beskikbaar. Elektriese komberse word in die winter voorsien.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n yskas, tweeplaatstofie en 'n mikrogolfoond. Die eenheid het nie 'n TV nie. Gaste kan van die groot buitebraai-area gebruik maak en die asemrowende sonsondergange en die aande onder die sterrehemel geniet. Kom klim die koppies en geniet die natuur. Vuurmaakhout is op versoek beskikbaar. Gaste is welkom om van die swemdam gebruik te maak.

Let asb. daarop dat slegs die Vodacom- en MTN-netwerke beskikbaar is en dat geen troeteldiere toegelaat word nie. Die laaste 5 km na die eenheid is 'n grondpad. Die grondpad is vir gewone voertuie toeganklik.

Die plaas bied verskeie koppies om uit te klim en voetslaanroetes om te verken. Doendinge soos voëlkyk en fietsry kan ook geniet word. Daar is 'n lekker plaasdam waar die avontuurlistiges kan afkoel.

Slaapplek

’n Bespreking by Nietgedacht Farm Stay sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 5 persone
5 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 13 resensies vir Nietgedacht Farm Stay
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Nietgedacht-plaas, Langs die R384, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Gaste dink Nietgedacht Farm Stay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 600
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R1 600
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nietgedacht-plaas, Langs die R384, Britstown, 8782, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABFKcZRuP16oHPsds4mzSnbQhIS1pLHlvbGiScnkJMy9n70drVT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 600  per nag (vir 7 persone) 13 5 1 5 Farm Nietgedacht Off the R384 8782 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.594913039642 23.270523548126
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!