25% af Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Mrt 2020 tot 31 Mei 2020.
Prins Albert Akkommodasie by Nieuwehuyz | LekkeSlaap
+24
+24

Nieuwehuyz

Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Kry 25% af
  • Vanaf R1 450 R1 088 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nieuwestraat 50, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12

Beskrywing

Nieuwehuyz is 'n eklektiese kombinasie van geskiedenis en kuns. Dit is die enigste 5-ster-selfsorg-gastehuis in Prins Albert. Dié pragtige dorpie is geleë aan die voet van die Swartberge wat oortrek is met wingerde, boorde en olyfplase. Nieuwehuyz is gerieflik naby restaurante en winkels geleë en dis ten volle rolstoelvriendelik.

Die huis het 1 slaapkamer en 'n en suite-badkamer met ondervloerse verhitting en lugversorging. Die gastehuis het 'n oopplan-kombuis, sit- en eetkamer wat lei na 'n baie privaat binnehof. Kom ontspan op die leerbank voor die kaggel, of kom lê luilekker op die handgemaakte eikehoutstoele buite waar die salige klank van die fonteine jou sal bekoor. Jy kan ook binne of buite eet.

Die kombuis spog met Le Creuset-kombuisware asook Smeg-toestelle. Die vars koffiebone en die ongepasteuriseerde melk, sap en jogurt van die plaaslike melkery wag vir jou en sal bydra tot gaste se onvergeetlike ervaring by Nieuwehuyz.

Geniet die buitelewe, vars lug en pragtige naghemel vol sterre. Daar is so baie om te doen en te sien in Prins Albert - een nag is nie genoeg nie!

Doendinge sluit voetslaan, fietsry en rustige wandels in. Besoek die olyf-, wyn-, melk- en vyeplase vir vars plaaslike produkte. Daar is ook 'n begeleide spookstaproete of jy kan meer oor die geskiedenis en plantegroei in die omgewing leer. Na 'n bespreking sal jy 'n dokument kry met al die inligting en besonderhede oor doendinge en besienswaardighede.

Slaapplek

’n Bespreking by Nieuwehuyz sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 10 resensies vir Nieuwehuyz
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Nieuwestraat 50, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nieuwehuyz het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 450
Vanaf R1 088
per nag (vir 2 persone)
was R1 450
Vanaf R1 088
per nag (vir 2 persone)
was R1 450
Vanaf R1 088
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nieuwestraat 50, Prins Albert, 6930, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY3MGRkMDY0LWQwZGUtNDM5Ny1hNmQ2LTJmNzNiMjRlNGJiOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 450, nou Vanaf R1 088  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 50 Nieuwe Street Prince Albert 6930 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.226980763459 22.029014490545
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za