Nivica Lifestyle Apartment
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 2 Mei 2024 tot 28 Nov 2024.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jon Olafsson-weg 59, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 800R1 200 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Nivica Lifestyle Apartment is 'n pragtige selfsorgwoonstel met moderne kenmerke in 'n veilige kompleks in Olifantskop, Langebaan aan die Weskus. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie aangesien dit reg oorkant 'n groot, gemeenskaplike swembad is.
Die woonstel is op die grondverdieping en bied slaapplek aan 6 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n sentrale eiland met stoeltjies toegerus is. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank en 'n slim-TV met Netflix, Disney+, YouTube en DStv Now. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n paar bordspeletjies.
Skuifdeure lei na 'n onderdakstoep met 'n tafel, stoele en ingeboude braaigeriewe. Dit is die ideale plekkie vir 'n oggendkoffie of 'n skemerkelkie met 'n uitsig oor die swembadarea.
Die kompleks is stapafstand van die strand af en is naby die Weskus Nasionale Park, die Langebaan-strandmeer, Laguna Mall, Club Mykonos-oord en Casino en gewilde restaurante. Plaaslike aktiwiteite sluit waterponieritte, vierwielmotorfietsritte, sonsondergang-bootvaarte, vlieërplankry en gholf in.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Safwan Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 12
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Jon Olafsson-weg 59, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Nivica Lifestyle Apartment het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Olifantskop Langebaan Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Jon Olafsson-weg 59, Olifantskop, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang