Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Noordhoek Hidden Gem

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Emerald Terrace 4, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 600 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Noordhoek Hidden Gem is in die prentjiemooi voorstad Noordhoek wat 'n gewilde bestemming onder vakansiegangers is. Die lieflike selfsorghuis het 'n mooi tuin en is in 'n rustige omgewing. Dit is 'n luukse en gesofistikeerde villa met 'n moderne ontwerp en is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n afgesonderde vakansie.

Die smaakvolle huis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en gaste in hierdie slaapkamer maak gebruik van 'n gedeelde badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Elke slaapkamer bied direkte toegang tot die stoep. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en kombuis. Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. DIe eetarea het 'n etenstafel met 6 stoele en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n koffietafel, kaggel en 'n TV. Daar is ook 'n lessenaar indien gaste werk moet doen.

Gratis WiFi is beskikbaar en gaste is welkom om in die luisterryke tuin te ontspan of 'n al fresco-maaltyd op die stoep met sitplek vir 6 te geniet. Die stoep het ook 'n pragtige see-uitsig en die huis bied direkte toegang tot die strand wat etlike treë van die voordeur af is. Gaste kan dus heerlik gaan visvang, staanplankry of swem.

Slaapplek

’n Bespreking by Noordhoek Hidden Gem sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels
  • Duits

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Noordhoek Hidden Gem
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.9/5

Antje Brandt And Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 6

Jaar gelys 6

Ligging

  • Emerald Terrace 4, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Gaste dink Noordhoek Hidden Gem het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R3 600
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Emerald Terrace 4, San Michel, Noordhoek, 7979, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA51b1ccfbcc8a9b0ea0a8e11008ba34711c23e066ee4829cc439dd01e9f482f4c77a325dcb8883a2babef77c08fa02daad074?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag, vir 6 mense 1 5 1 5 4 Emerald Terrace San Michel 7979 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-21:00 10:00 -34.1030177 18.3929958
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem