Kingsview Akkommodasie by Nossa Casa | LekkeSlaap
+14

Nossa Casa

6 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiaatweg 46, Kingsview, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Nossa Casa is in Witrivier en bied gehalteverblyf vir 'n klein gesin of 'n groep vriende. Dit is binne maklike bereik van talle winkels, restaurante, geriewe en belangrike toegangsweë.

Die verblyf beskik oor The Garden Cottage en die Pool Room wat op 'n residensiële eiendom geleë is, asook 'n dames gimnasium. Die swembad kan slegs gebruik word as dit nie deur die gimnasium gebruik word nie.

Die Garden Cottage het 1 slaapkamer en bied slaapplek aan 4 gaste. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea wat geskik is vir 2 klein kinders.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Daar is ook WiFi.

Die Pool Room het 1 slaapkamer en bied slaapplek aan 4 gaste. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n instapskas wat lei na 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n oopplan-leefarea met 'n kombuisie wat met 'n mikrogolfoond, tweeplaatstoof en yskas toegerus is. Die sitkamer het 'n TV met DStv en 'n dubbelslaapbank wat vir 2 klein volwassenes of vir kinders geskik is, en lei na die swembad.

Gaste het toegang tot lieflike braaigeriewe en veilige onderdak parkeerplek is op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek beskikbaar.

Witrivier is 'n klein dorpie wat in die heuwels net noord van Nelspruit skuil. Dit is naby die grens van die Krugerwildtuin en die Panorama-roete en omring deur skilderagtige landerye en woude en ideaal vir natuurliefhebbers.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 6 resensies vir Nossa Casa
Netheid
4.7/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Kiaatweg 46, Kingsview, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Gaste dink Nossa Casa het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kiaatweg 46, Kingsview, Witrivier, 1240, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuFiym8rf1fqAHh18P75kDhki9ckKabY0nNzDhBkAnoAm4uIee1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (vir 2 persone) 6 5 1 5 46 Kiaat Road Kingsview 1240 Mpumalanga 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -25.322321212246 31.017439897859
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za