Nyala Hill
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R628, Welgedacht Plaas Erfdeel 30, Pretoria, 0186, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 700 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Nyala Hill is 'n selfsorgvilla met 'n vintage tema wat op Welgedacht Plaas 50 km van Pretoria af geleë is. Die eenheid is ideaal vir gesinne of 'n groep vriende.
Dit bied slaapplek aan 8 volwassenes en 3 kinders en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Dié slaapkamer is 'n solderarea en bied toegang tot 'n balkon met 'n uitsig oor die bosveld. Die tweede slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet, bidet en 'n wasbak. Daar is 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak in die derde slaapkamer en die vierde kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n sitarea, eetarea en 'n kombuis. Daar is 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware in die kombuis. Die opwasarea het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitarea het gemaklike rusbank, 'n koffietafel en 'n TV. Daar is 'n etenstafel met 6 stoele in die eetarea en die eenheid het ook 'n toonbank met 6 stoele.
Gaste het toegang tot 'n stoep met 'n swembad wat 'n uitsig oor die bosveld bied. Die eenheid is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n privaat vakansie en gaste het toegang tot veilige parkeerplek.
Slaapplek
’n Bespreking by Nyala Hill sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Verekombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Quinton Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 21
Jare op LekkeSlaap 1
Ligging
- R628, Welgedacht Plaas Erfdeel 30, Pretoria, 0186, Gauteng
- Gaste dink Nyala Hill het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Dinokeng Dinokeng Wildreservaat Gauteng
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R628, Welgedacht Plaas Erfdeel 30, Pretoria, 0186, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom