Franschhoek Akkommodasie by Oak Cottage and Manor House Rooms | LekkeSlaap
+36
+36

Oak Cottage and Manor House Rooms

  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Die Eike, Akademiestraat 15B , Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Oak Cottage and Manor House Rooms is op Die Eike, 'n privaat landgoed in die hartjie van die Franschhoekvallei, geleë. Dit is ideaal vir paartjies wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek naby verskeie besienswaardighede in die Kaapse Wynlande.

Verblyf word aangebied in 3 eenhede. Oak Cottage is 'n bekoorlike selfsorg-eenheid met smaakvolle dekor en slaapplek vir 2 gaste. Dié eenheid moet vir 'n minimum van 2 nagte bespreek word. Die Manor House het 2 kamers, die Koninginkamer en die Kamer met 2 enkelbeddens. Elke kamer het sy eie ingang en 'n en suite-badkamer. Verder het elke kamer 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Ontbyt is beskikbaar, indien aangebied word, teen ekstra koste en dit moet vooraf gereël word.

Die oorspronklike opstal dateer uit die vroeë 1800's en is pragtig gerestoureer deur die Van der Westhuyzen-familie. Dit is 'n pragtige voorbeeld van Kaap-Hollandse argitektuur. Die word omring deur pragtige wingerde, olyfboorde en groot grasperke, en die uitsigte is asemrowend. Die Eike en die klanke van die werkende plaas bied 'n perfekte agtergrond vir 'n rustige vakansie. Daar is drie honde, Noodle, Duzi en Scruffy, en 2 katte, Spookie en Dollie, op die eiendom.

Gaan stap lekker rustig in die hoofstraat en maak 'n draai by die puik restaurante, snuffel rond in die boetiekwinkels en kunsgalerye, klim op die Wyntrem en besoek die bekroonde wynplase. Daar is ook heelwat doendinge in die omgewing beskikbaar, soos voetslaan, velddraf, bergfietsry, kunsvlieghengel, gholf en meer!

Gaste word genooi om gerieflike gehalte-oornagverblyf vir kort- of langtermyn by Oak Cottage and Manor House Rooms te bespreek!

Aangesien daar ernstige watertekorte is, vra Oak Cottage and Manor House Rooms dat gaste asseblief spaarsamig is met water en help om soveel as moontlik water te spaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 47 resensies vir Oak Cottage and Manor House Rooms
Netheid
4.9/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Die Eike, Akademiestraat 15B , Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oak Cottage and Manor House Rooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Die Eike, Akademiestraat 15B , Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGYwYTE1MGM3LWY4NDYtNDgzMi04MTk2LTkwNzU5ZmRjMWMyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 2) 47 5 1 5 Die Eike 15B Akademie Street 7690 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.908083701581 19.122157730164
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za