Oak Lane Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oak Lane Cottages is op 'n vrugteplaas in die Elginvallei en bied verblyf in 'n ongekunstelde, ontspanne omgewing.

Gaste kan kies tussen 7 kothuise wat ten volle toegerus is: Granny Smith, Golden Delicious, Songold, Starking, Bon Rouge, Braeburn en Rosemarie. Elke kothuis is ingerig met 'n kombinasie van dubbel-, enkel- of stapelbeddens en daar is ook 'n privaat badkamer met 'n bad of 'n stort in elke huisie. Elke kothuis is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof en daar is 'n oond in sommige van die eenhede. Die kothuise het ook kaggels en braaigeriewe buite. Daar is 'n TV met DStv in die funksielokaal. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en rook is verbode in die eenhede.

Gaste kan voëlkyk op die plaas of bergfietsry aangesien die Lebanon Bergfietsroete op die plaas begin. Die prentjiemooi dorpies Hermanus, Greyton, Villiersdorp, Stanford en Caledon is net 'n entjie se ry ver. Gaste kan ook ry na Bettysbaai, Kleinmond, Pringlebaai en Rooi Els.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oak Lane Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za