Paarl Akkommodasie by Oak Tree Haven | LekkeSlaap
+19
+19

Oak Tree Haven

3 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Minie Plaas, Sonstraalweg, Klein Drakenstein, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Oak Tree Haven is 'n selfsorghuis op 'n plaas in die Paarl-omgewing. Dit is die ideale verblyf vir ontspanningsreisigers of selfs vir sakereisigers wat op soek is na 'n sentrale basis vanwaar hulle verskeie wynplase in die omgewing kan besoek.

Hierdie plaashuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die eerste badkamer en 'n bad, wasbak en 'n toilet in die tweede badkamer.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en 'n ontbyttoonbank met stoele. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die eetarea het gemaklike sitplek vir 8 gaste. Daar is 'n gemaklike rusbankstel, 'n platskerm-TV met sekere-DStv kanale teen die muur en 'n kaggel in die tweede sitarea. Die huis het 'n braai-area met 'n ingeboude binnebraai en 'n kroegarea.

Die huis bied toegang tot 'n lieflike houtdek met buitesitplek en 'n uitsig oor die plaas.

Oak Tree Haven is langs Ashia Cheetah Experience waar gaste die deli en kuriowinkel kan besoek. Daar is ook ander doendinge in die omtrek soos wynproe by Nederburg in die straat af, asook die Cascade Manor Spa and Restaurant wat net 5 km ver is.

Slaapplek

’n Bespreking by Oak Tree Haven sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • DVD-speler
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 3 resensies vir Oak Tree Haven
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Minie Plaas, Sonstraalweg, Klein Drakenstein, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oak Tree Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Minie Plaas, Sonstraalweg, Klein Drakenstein, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4wiMuvlDhMxE6MSR9OzzAmsT9JY93hUjwXKbiL1zY20ZH6EZm8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 Minie Farm, Sonstraal Road Klein Drakenstein 7646 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -33.726532678958 19.020370982847
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za