Ocean Breeze Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié hotel met sy uitsigte oor die majestueuse Valsbaai-kuslyn en ligging tussen magtige berge soos die Helderberg en die wêreldbekende Tafelberg bied 'n pragtige ligging, uitstekende kos en puik diens.

Die Cape Suites Conference Venues is tussen van die wêreld se mees gesogte wynplase en gholfbane geleë en is die ideale onthaalplek vir jou funksie of konferensie. Die Cape Suites Conference Venues bied gastekamers, luukse dakwoonstel-suites wat in woonstelle omskep is en 3 slaapkamers elk het, en toegang tot die Ocean Basket Restaurant - Suid-Afrika se gunsteling-seekosrestaurant wat die beste garnale, vis-en-tjips, kalamari en soesji maak. Wanneer gaste nie in vergaderings sit nie kan hulle die panoramiese uitsigte en rustige atmosfeer geniet.

Te danke aan die ongeëwenaarde uitsigte en die prentjiemooi omgewing het die hotel die ideale ligging vir 'n strandtroue. Ons kan voorsiening maak vir seremonies op die strand, maar neem asseblief kennis dat jy self in jou eie naam moet aansoek doen vir die permitte. Die onthaal kan in ons eksklusiewe restaurant of banketsaal gehou word.

Ocean Breeze Hotel is net 10 minute van die manjifieke Kaapse Wynlande af, 20 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe af en 30 minute van die Victoria en Alfred Waterfront af. Dit bied gaste die geleentheid om Kaapstad in haar volle glorie te beleef en verken. Die hotel is sentraal geleë vir gaste wat die woelige, luukse boetiekwinkelsentrums wil besoek. Daar is 'n portier- en pendeldiens vir gaste na nabygeleë geriewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ocean Breeze Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R895 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]za