Ocean Breeze Unit 211 & 212

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ocean Breeze Unit 211 & 212 is in Strand, 'n kusdorpie aan die voet van die Hottentots Hollandberge, in die Wes-Kaap. Dié woonstel is in die Ocean Breeze Hotel. Die hotel bied outentieke selfsorgverblyf en gemeenskaplike hotelgeriewe. Daar is 'n ononderbroke see-uitsig vanaf albei slaapkamers, asook vanaf die privaat leefkamer en balkon.

Dié woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en het 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Albei kamers het 'n TV en verwarmer.

Die gesellige kombuisie is toegerus met basiese toestelle, 'n yskassie, koffiemasjien, broodrooster, eetgerei en breekware. Die eetkamer het sitplek vir 4 mense, en die sitkamer het 'n L-vormige bank en 'n platskerm-TV.

Die leefarea lei na 'n pragtige balkon, 'n eetkamertafel met sitplek vir 2 en 'n uitsig oor die see en op die berg.

Slaapplek

'n Bespreking by Ocean Breeze Unit 211 & 212 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Haardroër

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ocean Breeze Unit 211 & 212 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 323 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]