Oewerzicht Farm Cottages
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 40 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krige-weg, Oewerzichtplaas, Greyton, 7233, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Oewerzicht Farm Cottages is in die rustige en skilderagtige Greytonvallei, slegs 9 km vanaf Greyton geleë. Dié plaas produseer vars appels en pere vanaf Januarie tot Mei. Die res van die 600 hektaar-plaas is vol koring, 'n groot trop skape en, as mens gelukkig is, kan jy 'n trop ribbokke sien wat vrylik op die plaas rondbeweeg. Voëlliefhebbers sal ook onder meer bloukraanvoëls, sekretarisvoëls en tarentale kan gewaar.
Verblyf word in verskeie selfsorgkothuise gebied wat in almal se behoeftes voorsien. Die Stone Cottages is aan die rivier-oewer geleë en elkeen het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, kaggel en 'n privaat stoep met braaigeriewe. Elke kothuis het toegang tot 'n gemeenskaplike kombuis wat in die middel van die 6 eenhede geleë is, asook 'n houtvuurwarmbad. Dié warmbad sal met aankoms aangesit word en addisionele hout kan vooraf by die kantoor gekoop word.
Daar is 3 plaaskothuise sowat 50 m vanaf die rivier genaamd Bergzicht, Welgelee en Citrus. Bergzicht en Welgelee is semi-losstaande. Een van hierdie eenhede het 'n dubbelbed en die ander het 'n koningingrootte-bed. Albei eenhede het 2 enkelbeddens in die leefarea. Verder het elke kothuis ook 'n binne- en buitebraai-area en 'n lieflike, groot stoep. Welgelee het 'n privaat warmbad. Citrus se hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en die woonstel het 'n dubbelbed en 'n privaat warmbad op die stoep.
Die Uitsig-area het 4 losstaande kothuise langs mekaar wat rivier- en berge-uitsigte bied. Elke kothuis het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Een kamer het 'n koningingrootte-bed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. In elke eenheid is daar 'n oopplan-kombuis en -leefarea met buitebraaigeriewe. Hierdie kothuise het ook 'n swembad tussen hulle. Uitsig 1, 2, 3 en 4 het privaat warmbaddens op die stoepe.
Al die kothuise is volledig toegerus met al die belangrike toebehore. Badhanddoeke en linne word voorsien.
Gaste is welkom om op die plaas te wandel of hulle eie bergfietse saam te bring.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Blaaibord
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Antoinette Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 132
Jaar gelys 10
Ligging
- Krige-weg, Oewerzichtplaas, Greyton, 7233, Wes-Kaap
- Gaste dink Oewerzicht Farm Cottages het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 40 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Krige-weg, Oewerzichtplaas, Greyton, 7233, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom