Old House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Old House Gastehuis is 'n bekoorlike instansie wat bekostigbare en vriendelike verblyf in 'n rustige ligging aan gaste bied.

Ons bied 4 en suite slaapkamer-eenhede. Al die slaapkamers is ten volle toegerus, en sluit TV's en radios in. Die instansie self is gesellig en huislik, toegerus met geperste plafonne en lieflike houtvloere. 'n Groot aantrekkingskrag is die groot, netjiese tuin, met 'n oorvloed van flora soos kanfer-, denne-, ysterhout- en kersiebome. Gaste is welkom om hier te ontspan, en hierdie idilliese plek te geniet. Die instansie het bykomend ook nog 'n lapa en braaigeriewe.

Old House is slegs 5 km vanaf die Krugersdorp Wildsreservaat, en 10 km vanaf die Wieg van die Mensdom geleë. Hierdie ligging bied aan gaste baie om te sien en te doen gedurende hulle verblyf. Die Walter Sisulu Botaniese Tuine is ook 'n groot besienswaardigheid in hierdie area.

Ons sien daarna uit om jou verblyf so gerieflik en ontspanne as moontlik te maak! Ons hoop om jou binnekort te sien!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Russies

Maaltye Aangebied

  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Old House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za