LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Old Sam's Cottage | LekkeSlaap
+37

Old Sam's Cottage

Weeksdagaanbod 25% af

Kry 25% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 13 Sep 2021 tot 7 Okt 2021.

  • Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rhenosterfontein Plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 R488 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Old Sam's Cottage is in 'n wildkamp geleë, net 9,5 km vanaf Bredasdorp, die hartjie van die Overberg se kreatiwiteit en kookkuns. By Old Sam's Cottage word stilte en rustigheid vervleg. Die kothuis is ook net 41 km van De Hoop Natuurreservaat af.

Die kothuis bied slaapplek aan 2 gaste in 'n slaapkamer met 'n dubbelbed, luukse linne en 'n gasverwarmer vir die kouer aande. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die leefarea en kombuis het 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, 2 gasplate, eetgerei en breekware toegerus. Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met sitplek, 'n piekniektafel en 'n ingeboude braai. Die stoep is die perfekte plek vanwaar gaste die sonsondergang oor die plaas kan bewonder.

Hierdie kothuis sal gaste terugneem in tyd. Daar is geen elektrisiteit nie en water word deur 'n houtvuur verhit. Die kothuis se rustieke atmosfeer word verder deur lanterns en herlaaibare ligte beklemtoon. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die plaas het 'n sirkelfietsroete wat 15 km lank is, die nabygeleë Karsrivier is ideaal vir visvang, stappers sal dit geniet om in die duineveld te gaan stap, en gaste kan gerus in die kothuis se kano op die Karsrivier gaan roei. Die groot verskeidenheid voëlspesies is enige voëlkyk-entoesias se droom, en die wildkamp het elande, springbokke en sebras.

Slaapplek

’n Bespreking by Old Sam's Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 38 resensies vir Old Sam's Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Rhenosterfontein Plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Old Sam's Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R650
Vanaf R488
per nag (vir 2 persone)
was R650
Vanaf R488
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Rhenosterfontein Plaas, Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa964658df23bd470b5eb84b4d339fd932ee289bb889bd6edf8687a06242180abd788f896f5da1c746b72e0a27dbcc10bece3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R650, nou Vanaf R488  per nag (vir 2 persone) 38 5 1 5 Rhenosterfontien Farm Bredasdorp 7280 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 11:00 -34.494938449858 20.118643641472
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!