Lekhalo Safaris (Olifantshoek Private Camp)

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Gaste sal mal wees oor die gerieflike verblyf en pragtige natuurtonele op hierdie stukkie aarde. Die plaas bied 'n tuiste vir 24 wildspesies en meer as 2000 diere altesaam. Beleef 'n rustige tydjie en selfs 'n bietjie opwinding wanneer jy ons leeus gewaar! Ons het ook 'n 6-lyn-Zipline vir diegene wat op soek is na iets wat die adrenalien so 'n bietjie laat pomp.

Gaste kan kies tussen 4 losstaande kothuise. Daar is 3 kothuise wat slaapplek bied vir 2 volwassenes en 2 kinders onder 6 jaar en 'n tweeslaapkamerkothuis wat 6 gaste kan akkommodeer. Al die kothuise het luukse, wit linne, kaste en kofferstaanders. Die volgende geriewe word voorsien: lugversorging, 'n TV, waaiers, koffie- en teemaakgeriewe, toiletware, japonne en haardroërs. Die tweeslaapkamerskothuis het 3 slaapkamers en 'n gedeelde badkamer.

Die lapa het ook 'n sitkamer met 'n TV en dit is naby die swembad. Verskeie dienste en doendinge kan op versoek gereël word onder meer Zipline, voetslaan en bergfietsry.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Lekhalo Safaris (Olifantshoek Private Camp) gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 340 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za