Olijvenhuis
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hopewellweg, Suid-Lemoenfontein, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R580 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Olijvenhuis is op 'n plaas 5 km buite Beaufort-Wes geleë en bied ruim verblyf wat ideaal is vir gesinne. Dit dien ook as die ideale oornagverblyf.
Die 2 kothuise word deur olyfboorde omring en is volledig toegerus met slaapplek vir tot 6 gaste. Die ruim gesinskamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, klerekas, haardroër, waaier, elektriese komberse, verwarmer, wit linne en handdoeke. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n aparte gaste-toilet.
Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n dagbed en 'n enkelbed vir 2 gaste. Daar is 'n TV met DStv-kanale, asook lugversorging en 'n waaier.
Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware.
Die leefarea het 'n binnebraai wat ook as 'n kaggel kan dien. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 6 gaste.
Daar is ook 'n kuierarea buite met 'n boma en sitplek vir 10 gaste. Verder is daar 'n groot buitebraai en braairoosters word voorsien. Potjiekospotte is te huur.
Daar is ondedakparkeerplek langs die huis beskikbaar, asook oorgenoeg oop parkeerplek.
Olijvenhuis het panoramiese uitsigte op die reusagtige Muweveldberg wat voorheen die San se tuiste was. Sterrekyk is ook gewild.
Beaufort-Wes bied die Chris Barnard Museum en verskeie historiese geboue. Donkiekarritte kan op versoek gereël word en daar is ook verskeie winkels en restaurante.
Die omliggende omgewing bied unieke eko-toerisme wat verskeie voetslaan-, fietsry- en 4x4-roetes insluit. Die Karoo Nasionale Park is net buite die dorp en bied wildritte en die geleentheid om verskeie wild te sien. Dié park is ook'n veilige hawe vir die bedreigde swart renoster.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Portier
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Tee
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hopewellweg, Suid-Lemoenfontein, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Gaste dink Olijvenhuis het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Beaufort-Wes Karoo Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 11 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hopewellweg, Suid-Lemoenfontein, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom