On the Rocks

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

On the Rocks is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis in Simonstad, Kaapstad. Hierdie vakansiehuis bied pragtige uitsigte oor die see en dit is naby besienswaardighede in die Suidelike Skiereiland.

Hierdie huis is volledig ingerig en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers en 2 sitkamers. Die slaapkamers het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die badkamers het 'n stort of 'n bad. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor die nodige kosmaaktoebehore, asook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die eerste sitkamer het 'n houtkaggel en die tweede sitkamer het 'n TV met volledige DStv. Die eerste sitkamer lei na 'n patio met buitemeubels en braaigeriewe

Die tweede sitkamer lei na 'n ruim balkon waar gaste op die uitkyk kan wees vir walvisse tydens walvis-seisoen. Parkeerplek is vir 1 of 2 karre op die perseel beskikbaar.

On the Rocks is sowat 5 tot 10 minute se ry van Boulders Beach, Simonstad Buiteklub, winkels, restaurante, museums en die vlootbasis af.

Slaapplek

'n Bespreking by On the Rocks sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na On The Rocks gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za