On The Rocks

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

On The Rocks is 'n dubbelverdieping-selfsorghuis in 'n Mediterreense-styl wat oor Walker Bay uitkyk. Dié luukse huis is net 5 minute se ry van die middedorp af en bied toegang tot die kranspaadjie.

On The Rocks bied slaapplek aan 11 gaste en beskik oor 5 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

'n Slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n ruim en suite-badkamer is op die eerste verdieping. Die kamer lei na 'n groot balkon met pragtige see-uitsigte. Daar is ook 'n groot, sonnige sitarea met 'n groot kroeg op dié verdieping en dit bied toegang tot die balkon.

Daar is 4 slaapkamers, 2 badkamers, die kombuis, eetarea en sitkamerarea op die grondvloer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n ekstra enkelbed. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort en die tweede badkamer het net 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n gasstoof, elektriese oond, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die pragtige eetkamer het sitplek vir 10 gaste. Die gerieflike TV-kamer en die eetarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met buitemeubels en braaigeriewe. Die huis het ook 'n groot swembad met 'n veiligheidsnet en 'n lieflike tuin.

Ondervloerse verhitting is in die leefareas beskikbaar. Die huis het 'n dubbelmotorhuis met 'n pooltafel. Daar is ook baie parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by On The Rocks sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Kluis
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na On The Rocks gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 500 per nag (plek vir 11)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za