LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by On Yonder Hill | LekkeSlaap
+13

On Yonder Hill

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essenhout-singel 15, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R950 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

On Yonder Hill is 'n selfsorgwoonstel in Plattekloof teen die voet van Tygerbergheuwel. Dié ateljeewoonstel is baie sentraal geleë en gaste het maklike toegang tot die N1 wat jou binne 'n paar minute by hoof-besienswaardighede sal uitbring. Ons is stapafstand van Panorama Mediclinic af en net 'n paar minute van die winkels en restaurante by Plattekloof Village & Spar af.

Dit is 'n gesinshuis waar gaste hul eie ingang en onderdakparkeerplek het. Die woonstel het 'n privaat tuin en 'n stoep op die perseel. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, wasbak, ketel, mikrogolfoond, broodrooster, stoof en oond. Op die perseel is daar 'n privaat tuin en patio, asook 'n wassery naby die eenheid.

Gaste kan gerus laat weet of hulle hulp of raad nodig het. Andersins sal ons gaste se privaatheid respekteer. Ons voorsien linne, handdoeke en die nodige in die kombuis. Koffie, tee, suiker, melk en tuisgebakte beskuit is beskikbaar met aankoms. 'n Skoonmaakdiens word daagliks voorsien op versoek. Volledige DStv en WiFi is beskikbaar.

Kaapstad Internasionale Lughawe, Grand West Casino, N1 City Hospitaal, die V&A Waterfront, Canal Walk, KIKS, die Kaapstad Station en die strande is 10 en 15 minute van ons af. Daguitstappies na die nabygeleë wynplase op De Grendel in Plattekloof of in Stellenbosch, Durbanville en Paarl is altyd 'n goeie opsie.

Slaapplek

’n Bespreking by On Yonder Hill sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 32 resensies vir On Yonder Hill
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Essenhout-singel 15, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Gaste dink On Yonder Hill het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R950
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Essenhout-singel 15, Plattekloof 2, Kaapstad, 7500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVlMmY1ZmU0LWI3M2UtNGE4ZS1hNTg4LTFmZDk4MWQ0MjUwNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (vir 4 persone) 32 5 1 5 15 Essenhout Crescent Plattekloof 2 7500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.876232377514 18.58108073473
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!