Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ons Nessie

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Reynoldsstraat 10, Thalmen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ons Nessie is 'n knus tuinwoonstel vir 2 in Bellville.

Die woonstel het 'n uitsig oor die swembad, 'n privaat ingang, slaapkamer, badkamer en 'n kombuisie. Die slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort en 'n toilet. Beddegoed, handdoeke en swemhanddoeke word voorsien.

Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, 'n broodrooster, induksiestoof, enkelplaat gasstoof, ketel, braaitoerusting en eetgerei toegerus. Tee en koffie word voorsien. Die woonstel het nie 'n TV nie, maar daar is WiFi en 'n radio beskikbaar.

Braaigeriewe is beskikbaar en gaste kan in die tuin ontspan of in die swembad afkoel. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Rook in die woonstel word nie toegelaat nie. Ons Nessie se eienaars woon op die perseel. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Bellville bied verskeie winkelsentrums en restaurante en daar is 'n verskeidenheid doendinge, soos gholf, wandel, voetslaanroetes en bergfietsroetes.

Ons Nessie is 15 km van die lughawe, 20 km van die V&A Waterfront, digby die Durbanville wynroete en 25 km van Stellenbosch.

Louis Leipold Mediclinic en Durbanville Mediclinic is beide binne 'n radius van 8 km.

Slaapplek

’n Bespreking by Ons Nessie sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 13 resensies vir Ons Nessie
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Reynoldsstraat 10, Thalmen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ons Nessie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R800
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Reynoldsstraat 10, Thalmen, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA54549aee412302b50bf1971c994bc841820d019de2d12e77e882ff73234ea4eb0553b3718025c5b1194a4259710995bc642c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 10 Reynolds Street Thalmen 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.898315226163 18.648378305162