Oppi C

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oppi C bied selfsorgverblyf in Jeffreysbaai. Dié huis bied pragtige see-uitsigte en is net 100 van die strand af. Kabeljoustrand, aan die linkerkant, is ideaal vir lang wandelinge, visvang en swem. Die snorkelduikplek, die wêreldbekende Surfers' Paradise, en die waterwurm is op regterhand, net 'n paar minute se stap langs die strand af.

Die huis bestaan uit 2 aparte eenhede. Elke eenheid het 'n privaat ingang, 2 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, braaigeriewe, en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Elke kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond, broodrooster en 'n ketel. En net 'n paar tree vanaf Oppi C is daar 'n speelgrond vir kinders.

Jeffreysbaai het 'n 9 putjie-gholfbaan en daar is 'n Links-gholfbaan by St. Francisbaai. Die Gamtoosriviermond Natuurreservaat is net 40 km van hier af, en Port Elizabeth Lughawe is sowat 'n uur se ry vanaf Oppi C. Ander doendinge in die omgewing: perdry, diepseehengel, vlieërbranderry en seilplankry.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oppi C gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za