Oppi Plaas
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R63, Brandkraalplaas, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
- Vanaf R600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Oppi Plaas bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n plaas net buite die skilderagtige Karoodorp, Murraysburg. Hierdie verblyf is 'n rustige toevlugsoord met 'n asemrowende uitsig op die Sneeuberge en oor die omliggende landskap.
Gaste kan tussen 2 gerestoureerde kothuise kies wat elk slaapplek aan 4 gaste bied. Elke kothuis beskik oor 2 slaapkamers, een het 'n dubbelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Die gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort.
Elke kothuis het 'n kombuis wat met 'n yskas, stoof, oond, ketel en 'n mikrogolfoond toegerus is. Elkeen van die kothuise het 'n sitarea, binnebraai en 'n TV met sekere DStv-kanale. Veilige parkeerplek is op die perseel besikbaar.
Gaste kan fietsry, voetslaan, bergfietsry, 4x4-roetes en perdry in die omgewing geniet. Gaste kan ook die Buffelsrivier wat deur die plaas vloei verken.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Selfsorg
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Maryn Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 12
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- R63, Brandkraalplaas, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap
- Gaste dink Oppi Plaas het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Murraysburg Karoo Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R63, Brandkraalplaas, Murraysburg, 6995, Wes-Kaap