LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Orange River Rafting Lodge | LekkeSlaap
+41

Orange River Rafting Lodge

  • Kapasiteit: 97 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 25, Rooiwal Suid, Vioolsdrift, 8246, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R330 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Orange River Rafting Lodge bied gerieflike, volledig toegeruste selfsorg-houtchalets en privaat kampeerplekke wat in die asemrowende natuurskoon aan die oewer van die Oranjerivier geleë is. Hier kan gaste riviervlotvaar, 'n rustige atmosfeer, asemrowende uitsigte oor die rivier, die sonsondergange en die Richtersveld se berge en 'n helder sterrehemel geniet.

Die volledig toegeruste hout-chalets het slaapplek vir 2 tot 4 gaste per eenheid, badkamers met storte, lugversorging en privaat braaiplekke. Die kombuisarea het 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, eetgerei, breekware, en koffie- en teemaakgeriewe. Beddegoed word ook voorsien.

Die karavaanstaanplekke en kampeerplekke is met gras bedek en toegerus met elektrisiteit, 'n braaiplek en 'n gedeelte wat belig is. Elke kampeerplek het 'n onderdak-kombuisarea met 'n tafel, bankies en 'n privaat grasperk. Die kampplek het toegang tot netjiese en gerieflike ablusieblokke met warmwaterstorte.

Hartlike diens en puik geriewe word gewaarborg, en ons doen alles in ons vermoë om jou tydjie hier by ons so aangenaam as moontlik te maak. Al die doendinge in die omgewing, soos visvang, swem en vlotvaart, maak Orange River Rafting Lodge 'n uitstekende bestemming vir gesinne. Dié lodge is halfpad tussen Kaapstad en Windhoek, so dit is ook 'n uitstekende oornagplek vir reisigers.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 30 resensies vir Orange River Rafting Lodge
Netheid
4.0/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Erf 25, Rooiwal Suid, Vioolsdrift, 8246, Noord-Kaap
  • Gaste dink Orange River Rafting Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R330
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R330
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 97 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 25, Rooiwal Suid, Vioolsdrift, 8246, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2VtY3BjDukjGNp6aZgYUYydWSA09DxuyXCsS7KwzdGJYyxvhXt?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R330  per nag (vir 2 persone) 30 5 1 5 Plot 25 Rooiwal Suid 8246 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -28.690455891717 17.58762538433
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!