Oranjezicht Gaste Akkommodasie
- Kapasiteit: 12 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schroderstraat 40, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Oranjezicht Gaste Akkommodasie bied luukse selfsorgverblyf in Upington met ’n uitstekende uitsig oor die Oranjerivier. Dit is ook naby alle geriewe.
Die verblyf bestaan uit die Dakwoonstel met slaapplek vir 6, Luukse Woonstel 401 vir 4 en Luukse Woonstel 402 vir 2.
Die Dakwoonstel kan as 'n premium selfsorgwoonstel bespreek word en beskik oor 3 en suite-slaapkamers waarvan 2 balkonne het. Die eenheid het 'n studeerkamer, ideaal vir die sakereisiger. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het elk 2 enkelbeddens wat in ’n koninggrootte-bed omskep kan word. Ongelukkig word kinders jonger as 10 jaar nie in die woonstelle toegelaat nie.
Die ruim Luukse Woonstel 401 beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens.
Die Luukse Woonstel 402 is ideaal vir ’n paartjie en beskik oor 1 slaapkamer met ’n koninggrootte-bed. Hierdie eenheid bied verblyf aan 2 volwassenes en geen kinders nie.
Die woonstelle het elk ’n balkon met ’n uitsig oor die Oranjerivier en die area. Daar is ook ’n sitarea met ’n slim-TV met Netflix en DStv Premium in elke woonstel.
Die woonstelle het ook lugversorging en ’n kombuis wat met ’n stoof, gasplaat, mikrogolf, dubbelyskas-vrieskas en wasmasjien toegerus is. Daar is onbeperkte WiFi en veilige kelderparkeerplek.
Oranjezicht Gaste Akkommodasie is 1 km van verskeie restaurante, inkopiewinkels, klerewinkels, banke, apteke, dokters en besienswaardighede, soos die Kalahari-Oranje Museum en riviervaarte op Sakkie se Arkie en vorm deel van die dorp se sakekern.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Kantoorgeriewe
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Ilse Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- Schroderstraat 40, Upington, 8801, Noord-Kaap
- Gaste dink Oranjezicht Gaste Akkommodasie het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Upington Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 12 mense
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Schroderstraat 40, Upington, 8801, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang