Otters' Haunt Full Moon Bush Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Otters' Haunt Full Moon Bush Camp is 'n klein, privaat wegbreekbestemming bo die Vaalrivier se vloedlyn. Gaste kan hierheen ontvlug uit hul besige lewens om die rivier, avontuurdoendinge en die Vredefortkoepel-bergland te verken, en die bekoorlike dorpie, Parys, se koffiewinkels, restaurante, antiekwinkels en kunsgalerye te besoek.

Dié boskamp is vernoem na die asemrowende volmaanopkoms wat van die swembadarea en die koppie sigbaar is. Gaste kan ook by die rotspoel ontspan. Die kamp is veral gewild onder natuurliefhebbers en gesinne met kinders.

Daar is 3 A-raam-houthuise met grasdakke by die boskamp. Die gemeenskaplike lapa het 'n vuurkring en 'n kombuis met 'n vrieskas, yskas, kookplaat, ketel en 'n braai-area. Die eerste huis, Caracal, het 1 dubbelbed en 3 enkelbeddens, die tweede huis, Malachite, 1 dubbelbed en 1 enkelbed, en die derde huis, Pangolin, 3 enkelbeddens. Dié 3 huise word as 'n eenheid verhuur en deel ablusiegeriewe. Daar is 'n addisionele houthuis, Cormorant Cabin, met slaapplek vir 4 gaste.

Die hele boskamp, insluitend die 3 A-raam-houthuise en die Duiker-houthuis, kan as 'n geheel bespreek word vir 'n privaat groep van 8 tot 14 gaste.

Die houthuise bied 'n uitsig oor die grasperk, swembad en rivieroewer sowat 150 m ondertoe. Die kamp is by 'n pragtige swembad wat soos 'n rotspoel lyk en is rondom 'n koppie met 'n uitsig oor die Vaalriviervallei gebou.

Die gashere sal ingligting oor die area aan gaste deurgee, die rivieroewer wys of raad gee oor stap- en kanovaartroetes. Daar is 'n uitkykpunt met skaduwee by die rivier waar gaste skemerkelkies, visvang en voëlkyk kan geniet.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Otters' Haunt Full Moon Bush Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]