Oubaai Village

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oubaai Village is 'n moderne selfsorgwoonstel wat op Oubaai Ghoflandgoed in Heroldsbaai in die Wes-Kaap geleë is. Dis perfek vir gaste op soek na gerieflike verblyf met 'n tikkie luuksheid op een van die beste gholfbane in Suid-Afrika.

Oubaai Village is 'n ruim dupleks-eenheid met 2 slaapkamers wat tot 4 mense kan akkommodeer. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 'n ten volle toegeruste kombuis, sitkamer en stoep. Elke slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word, na gelang van gaste se voorkeur. Daar is ook 1 badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet.

Die moderne kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n koffiemasjien, 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitkamerarea het 'n TV met DStv se Premium-pakket en 'n DVD-speler. Geniet 'n braai op die beskutte patio of op die grasperk voor die woonstel. Die eenheid bied pragtige uitsigte op die Outeniekwaberge en die gholfbaan en 'n mens kan ook die see in die verte sien.

Daar is veilige parkeerplek beskikbaar vir 1 voertuig en gaste is meer as welkom om by die klubhuis te gaan eet waar ontbyt, middagete en aandete bedien word. Daar is ook verskeie ander goeie restaurante in die omtes. Daar is ook 'n sport- en vermaakarea waar gaste muurbal kan speel, 'n swembad waar gaste kan ontspan en afkoel en 'n vollengte swembad waar 'n mens kan oefen.

Die staproetes om die landgoed lei af na die Gwaingriviervallei en na 'n ongelooflike uitkykpunt waar 'n mens walvisse en dolfyne kan sien. Die ongerepte kusfynbos maak dat dit ook 'n goeie plek is vir voëlkyk.

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oubaai Village gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 395 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za