LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+45
33% AF!
Weeksdagaanbod
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 4 Jan 2026 tot 11 Des 2026.
  • Slaapplek vir 78 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Plot 59 Fisant Avenue, Dinokeng Game Reserve, 15 km from Hammanskraal, 0400, Gauteng Sien kaart
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

OuKlip Game Lodge bied luukse tentverblyf in die Groot 5 Dinokeng Wildreservaat, net 50 km noord van Pretoria. Die wildreservaat is veral bekend vir beeldskone roetes en wildkyk-geleenthede, en is die perfekte wegbreekplek vir diegene wat uit die besige stad wil ontsnap.

Verblyf word in 14 luukse tente gebied. Elke tent het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n koningingrotte-bed, dubbelslaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Elke tent het ook 'n onderdakkombuisie wat met 'n yskas, tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Elke tent het ook 'n stoep met braaigeriewe en 'n privaat ingang.

Die OuKlip Plaashuis is 'n vierslaapkamerhuis met 2 badkamers, 'n groot, oop eet- en leefarea, 'n kombuis en 'n voorstoep met 'n ingeboude braai. Daar is ook 'n klein, privaat plonspoel en 'n boma. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 gedeelde badkamers, elk met óf 'n bad óf 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n oond, gasstoof, mikrogolfoond, yskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.

Daar is 2 swembaddens op die perseel en veilige parkeerplek. Gaste kan hul oë vir die Groot 5 oophou, wildkyk, wildritte geniet en op selfryroetes gaan.

Aktiwiteite in die omgewing sluit baarsvang, voëlkyk, wildkyk, visvang, Groot 5-wildritte en begeleide staptoere in.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Wildritte
Swembad

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 529 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Azelle S
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte wegbreek van realiteit. Dit was die perfekte wegbreek gewees. Dit is rustig en presies wat ons nodig gehad het. Die diens was fantasties en a...
Sien meer
Sep 2026
Christo V
Saam met lewensmaat
5.0
Oom Gilbert is 'n ster, sal definitief weer hulle besoek. Ons het dit baie geniet, die game drive was wonderlik gewees en opvoedkundig.
Sep 2026
Zanéle P
Saam met lewensmaat
5.0
Algemene geriewe is van hoë gehalte, plaas eienaars is vriendelik en behulpsaam. Ouklip was presies wat ons nodig gehad het vir ons wegbreek!
Sep 2026
Deon P
5.0
Presies soos verwag. Ons verblyf was baie lekker en presies soos ons dit verwag het. Alles was netjies, gemaklik en het aan ons verwagtinge voldoen. S...
Sien meer
Sep 2026
Lhuné W
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik en stresvry. Ons bly altyd heerlik by Ouklip. Hulle het werklik alles wat mens nodig het en hulle gee aandag aan detail. Alles is silwerskoon.
Sep 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Nell Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 529

Op LekkeSlaap 11 jaar

Antwoord gewoonlik binne 2 ure

Ligging

  • Plot 59 Fisant Avenue, Dinokeng Game Reserve, 15 km from Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Gaste dink OuKlip Game Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 035
33 % AF
R2 035 R1 357
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R2 035
33 % AF
R2 035 R1 357
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf R2 035
33 % AF
R2 035 R1 357
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Plot 59 Fisant Avenue, Dinokeng Game Reserve, 15 km from Hammanskraal, 0400, Gauteng

Sien kaart
  • Slaapplek vir 78 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAi29KG79qF9MzPX79lNyiEpOTQFhABkslO4iSwdUfjCqgk9ncNx?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 035 nouVanaf R1 357 per nag, vir 2 mense 529 5 1 5 Plot 59 Fisant Avenue Dinokeng Game Reserve 0400 Gauteng 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.392768832128 28.396133780479
Soek in 'n groter streek