Overberg Gems - The Little Farmhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

The Little Farmhouse is in 'n rustige woudomgewing op ons plaas net 'n paar kilometer van Stanford af geleë. Dié versteekte skat het 'n plattelandse karakter met dik mure, donker balke en 'n groot kaggel binne. Kom ontspan lekker in 'n warm bad in die woud onder 'n welige blaredak.

Die plaashuis het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens waarvan 1 in die solder geleë is. Die badkamer het 'n bad, wasbak en toilet, en beddegoed handdoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas, stoof, mikrogolf, broodrooster en 'n ketel.

Daar is 'n braai-area onder die bome waarvan jy en jou gesin of vriende gebruik kan maak en 'n egte plaasdam waarin jy kan afkoel of jou tone kan natmaak. Troeteldiere kan op versoek saamkom.

Verken die woud en aanskou manjifieke sonsondergange voor die sterrehemel se prag deur die blaredak skitter. Bring die hele gesin saam en smul onder die sterre aan 'n maaltyd wat in 'n regte koolstoof of buite op die braai voorberei is. Die vriendelike donkies, Onkie en Penelope, peusel altyd al te lekker in die tuin en bied pure plesier vir kinders. Gaste is meer as welkom om hulle bergfietse en voetslaanskoene saam te bring om die roetes op die plaas en die omgewing te geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Overberg Gems - The Little Farmhouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Overberg Gems - The Little Farmhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za