Oxnead Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oxnead Guesthouse bied akkommodasie in selfsorgkamers wat op 'n B&B-basis bespreek kan word en die gastehuis is in Pretoria geleë. Dis ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby legio geriewe.

Ons akkommodasie by Oxnead Guesthouse word aangebied in 6 kamers wat smaakvol ingerig is. Hierdie kamers beskik oor 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Geriewe in al of meeste van die kamers sluit in: gratis WiFi, 'n TV met plaaslike kanale of sekere DStv-kanale, 'n waaier, 'n haardroër en kombuisgeriewe en -toebehore.

Hierdie huis in Georgiaanse styl het 'n stil, rustige en vriendelike atmosfeer wat ideaal is vir sakereisigers én vakansiegangers. Die huis is in 'n veilige doodloopstraat en naby aan winkelsentrums soos Menlyn, Woodlands, Parkview en The Barnyard geleë.

Oxnead Guesthouse is binne 'n 10 km radius van welbekende gholfbane soos Woodhill, Wingate Park, Silver Lakes, Irene en Pretoria Country Club af. Dis ook naby aan Moreleta NG Kerk, Hatfield Christelike Kerk en Doxa Deo.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oxnead Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R740 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za