Oystercatcher Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oystercatcher Lodge is 'n bekoorlike 4-ster-lodge in Shelley Point, St. Helenabaai in die Wes-Kaap. Die is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en hartlike gasvryheid met luisterryke see-uitsigte in die rustige omgewing, maar steeds naby aan verskeie doendinge.

Daar is 6 ruim suites wat volledig gemeubileer is. Hierdie suites het 2 ekstra-lang enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad en stort, wasbak en toilet. Geriewe sluit verhitte handdoekrelings, ondervloerse verhitting, gratis WiFi in en elke kamer het 'n privaat stoep met wonderlike see-uitsigte.

'n Heerlike ontbyt word in die eetkamer of al fresco bedien. Daar is geen TV's in die kamers nie, omdat ons nie die geluid van die golwe teen die strand wil bederf nie. Gaste kan DStv in die gemeenskaplike sitkamer kyk en dit sluit ook 'n espresso-masjien, verskeie drankies en 'n vol kroegie in.

Die lodge is perfek geleë vir walviskyk. Boggelrugwalvisse, suidelike noordkapperwalvisse word gereeld vergesel deur Kaapse dolfyne in die seisoen. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir motors en Oystercatcher Lodge is binne stapafstand van 'n 9-putjie gholfbaan en die Shelley Point Buitelugklub en Gesondheidspa af. Die Buitelugklub het 'n à la carte-restaurant en 'n koffiewinkel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oystercatcher Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za