Paardeplaats Nature Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Paardeplaats Nature Retreat is 'n gerestoureerde klipwoning met slaapplek vir 10 mense. Die huis is in 'n voormalige van 'n mynkamp geleë. Dit is absoluut privaat met 'n uitsig oor die klein foreldammetjie en die majestueuse vallei en berge. Daar is 3 kliphuisies tussen die bome en mynterrasse weggesteek.

Ons bied akkommodasie-opsies:
* Weeksdae (Maandag - Donderdagaand) is dit B&B, B&B en aandete, of selfsorg. Ons het 4 en suite-kamers (2 dubbel- en 2 gesinskamers) en ons is binne 50 km tot 60 km vanaf die meeste myne in die area geleë.

* Oor naweke en langnaweke bied ons alles ingesluit- of selfsorgverblyf, vir families of groepe in die 4 bogenoemde kamers wat tot 12 mense kan akkommodeer. Die leefarea/kombuis/lapa is baie goed toegerus. Hierdie akkommodasie word vir 'n familie of enkele groep aangebied, want daar is net een gemeenskaplike leefarea vir die 4 kamers.

Elke kamer het 'n privaat-uitsig en hulle is ook elkeen uniek met gebrandskilderde vensters, donsveer-/wol-duvets op al die beddens en sommige het privaat-patios. Alle kamers het sonkrag-leesliggies wat nie deur Eskom se beurtkrag geaffekteer word nie. Die badkamers - 3 met storte en 1 met 'n bad - is almal toegerus met gas-geysers, sonkragligte en ouwêreldse olielampe vir 'n romantiese atmosfeer.

Maaltye word in die gemeenskaplike kombuis, oftewel mynerskantien, voorberei. Die kombuis is so goed toegerus dat selfs sjefs aangenaam verras is! Hout- en gasstowe, 2 gas-yskaste en toebehore vir tot 20 mense. Hier sal jy kan kook na hartelus met al die moderne geriewe, behalwe 'n mikrogolfoond. Indien die weer saamspeel is die buitelug onderdak vuurherd en stoep net die plek om te braai en te ontspan terwyl die stroompie en die voëls in die agtergrond sing.

Saucy Chef Cookery Courses is kookklasse vir diegene wat 'n passie vir kos het - nie vir neusoptrekkerige mense nie - eerder vir mense wat dit geniet om kos te beplan, voor te berei en voor te sit.

Die Jafrie Walking- and Cycling Ramble is ideaal vir diegene wat lief is vir die natuur. Jy kan 'n piekniekmandjie voorberei en 1 van die 7 stap- en bergfietsroetes wat gemerk is aandurf. Daar is 'n totaal van 25 km se roetes, maar jy kan ook net rustig na die nabygeleë waterval wandel, of so 10 minute na die ou goudmynskag stap.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Paardeplaats Nature Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za